Suikerkuns vir Gansbaaiers

Suikerkuns vir Gansbaaiers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Nadat julle die eerste suikerkunsskepping gemaak het, sal die ‘gogga’ julle byt en sal julle ‘op vlerke vlieg’, want enigiets kan uit suiker gemaak word,” het Tess du Toit, kursusaanbieder vir Suikerkuns gesê.

‘n Groep dames van Gansbaai en omgewing, met een doring onder hulle, het belangstelling in hierdie kuns getoon nadat hulle ‘n vorige keer van Tess, wat in die Kaap woon, se koekversierings tydens ‘n Vrouediensoggend gesien het.

Sy het ook die “Bybelboek-koek” tydens die NG Kerk se 70ste Feesvieringe gebak en versier.

Die groepie kursusgangers (7) kon individuele aandag deurentyd geniet. Hulle is Deonora de Jongh, Roxaan Coetzee, Amanda le Roux, Anita Huysamen, Anita Botha en Judy Bothma. Die doring onder die rose was niemand anders as Gansbaai Superspar se Coenie Wessels nie - en teen die einde van die kursus het hy geensins teruggestaan met sy versierkuns nie. Tess se vriend, Jacques van Heerden, asook haar ma, Lindie du Toit het saamgekom vir ondersteuning en om na die verversings om te sien. Marie Reid van Marie's Boutique, Art & Beauty Shop kon weens ongesteldheid nie die kursus bywoon nie, maar het die saal vir die geleentheid geborg. ‘n Volledige “kit” met allerlei benodigdhede vir hierdie vorm van kuns was ingesluit en met Gansbaai Courant se besoeke aldaar was dit die ene konsentrasie en is daar nie eers aandag aan die kameraflits geskenk nie - nee - dit was net versiersuikerblommetjies, blaartjies en wat ookal wat in tel was. Na afloop van die kursus is daar summier gevra vir ‘n opvolgkursus.

Hardus Botha

Suikerkuns vir Gansbaaiers

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

With the Moon out of the way and weather improving somewhat, there was a few hours gap last night for collecting a few photons.

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

See All Articles