Dames se Toiletpapier trourokke

Dames se Toiletpapier trourokke

Gansbaai Courant

Kleinbaai See- en Teekring se dames het hulle jaar op Woensdag, 4 Februarie 2015 met ‘n gesellige “soortvan” modeparade afgeskop. Nadat hulle gebruiklike huishoudelike sake afgehandel is, het die gasvrouens versoek dat elke tafel ‘n model moes kies, asook persone om die model aan te trek.

“Die nodige keuses is gemaak en die spesifieke kledingstuk wat geskep moes word, is aangekondig - ‘n trourok vir elke model wat van toiletpapier aanmekaargesit is!” vertel Maryna Rossouw. Nou-ja, só ‘n versoek mag vir die manne na die onmoontlike klink, maar vir die dames is dit ‘n Gr 1 takie wat uitgevoer moes word - met geen tekort aan kreatiwiteit nie. Natuurlik is die hele proses onder groot gelag uitgevoer, maar binne 5 minute het die “toiletpapier-ontwerpers” die modelle soos ware bruide geklee.

“Dit was ‘n baie vermaaklike en woelige vyf minute soos wat ontwerpers die toiletpapier om die modelle gedraai het,” sê Maryna. Sy sê vir afronding is die tafelversierings, helderpienk Bougainvillia, as trouruikers gebruik.

Na ‘n behoorlike en statige vertoning van bruidsgewade, wat nie juis stewig om die lywe gesit het nie, moes ‘n wenner aangewys word. Twee bruide het gewen, aangesien die keuse tussen hulle te moeilik was. Maryna sê, soos gebruiklik vir die afgelope 26 jaar, is die gesellige oggend met iets te ete en te drinke afgesluit en met die warmte van Februarie in gedagte, is vrugtesap en slaai aangebied. Die welkome ligte reëntjie kon ook nie afbreek doen aan ‘n baie vermaaklike oggend nie.

Alle Kleinbaai-dames is welkom om aan te sluit en om elke eerste Woensdag van die maand om 10:00 in die Overberg Boothengelklub se saal saam met die Kleinbaai See- en Teekring se dames te vergader en te kuier.

Vir navrae kan Maryna Rossouw by 028-384-1358 gekontak word.

Hardus Botha

Dames se Toiletpapier trourokke

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles