Dames se Toiletpapier trourokke

Dames se Toiletpapier trourokke

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Kleinbaai See- en Teekring se dames het hulle jaar op Woensdag, 4 Februarie 2015 met ‘n gesellige “soortvan” modeparade afgeskop. Nadat hulle gebruiklike huishoudelike sake afgehandel is, het die gasvrouens versoek dat elke tafel ‘n model moes kies, asook persone om die model aan te trek.

“Die nodige keuses is gemaak en die spesifieke kledingstuk wat geskep moes word, is aangekondig - ‘n trourok vir elke model wat van toiletpapier aanmekaargesit is!” vertel Maryna Rossouw. Nou-ja, só ‘n versoek mag vir die manne na die onmoontlike klink, maar vir die dames is dit ‘n Gr 1 takie wat uitgevoer moes word - met geen tekort aan kreatiwiteit nie. Natuurlik is die hele proses onder groot gelag uitgevoer, maar binne 5 minute het die “toiletpapier-ontwerpers” die modelle soos ware bruide geklee.

“Dit was ‘n baie vermaaklike en woelige vyf minute soos wat ontwerpers die toiletpapier om die modelle gedraai het,” sê Maryna. Sy sê vir afronding is die tafelversierings, helderpienk Bougainvillia, as trouruikers gebruik.

Na ‘n behoorlike en statige vertoning van bruidsgewade, wat nie juis stewig om die lywe gesit het nie, moes ‘n wenner aangewys word. Twee bruide het gewen, aangesien die keuse tussen hulle te moeilik was. Maryna sê, soos gebruiklik vir die afgelope 26 jaar, is die gesellige oggend met iets te ete en te drinke afgesluit en met die warmte van Februarie in gedagte, is vrugtesap en slaai aangebied. Die welkome ligte reëntjie kon ook nie afbreek doen aan ‘n baie vermaaklike oggend nie.

Alle Kleinbaai-dames is welkom om aan te sluit en om elke eerste Woensdag van die maand om 10:00 in die Overberg Boothengelklub se saal saam met die Kleinbaai See- en Teekring se dames te vergader en te kuier.

Vir navrae kan Maryna Rossouw by 028-384-1358 gekontak word.

Hardus Botha

Dames se Toiletpapier trourokke

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

With the Moon out of the way and weather improving somewhat, there was a few hours gap last night for collecting a few photons.

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

See All Articles