Profiel Johan Coetzee Naledi Uitgewers

Profiel Johan Coetzee Naledi Uitgewers

Gansbaai Courant

“Ek is net Johan, maar op skool is ek ‘Perd’ genoem,” vertel Johan Coetzee van Naledi Uitgewers.  “Ek was op skool vir slegs een rede: rugby en atletiek en iemand moes gedink het ek gee sulke lang treë soos ‘n perd.” Later het hy onder andere vir Diggers se 1ste-span, asook vir die destydse Transvaal 0/20’s gespeel.

Johan, reeds ‘n bekende persoonlikheid in die omgewing vir 10 jaar, is op 29 Maart 1954 in Roodepoort gebore. “Dus moet jy weet ek word nou 60!” Johan sê dit is vir hom ‘n voorreg om in hierdie omgewing (De Kelders) te woon, waar hy ook van die plaaslike skrywers ondersteun deur sodoende terug te ploeg waar hy kan. “Dit is vir my belangrik om ook ons plaaslike skrywers te help - hierdie is mos ons plek!” Skrywers in die onmiddelike omgewing wat al onder Johan se Naledi-hande deurgeloop het, is: SD Fourie se Die Lanternswaaier (wat ook in Nederlands as De Lanternzwaaier vertaal is) en Die Dooies Lewe; dr Lisel Joubert se Ontmoeting met die Heiliges; Doreza de Wet en Uwe Kersandt se Boontjieskraal; Frank Wolmarans se Spencerstraat 13; Sophie Trollope (dr Leisel Trollope, veearts, se moeder) se Wolves and the Army, met enkele ander mense in die omgewing wat hom ook al genader het. Johan se ouers was wyle Pieter en Kitty Coetzee en hy het 2 broers: Chris wat vroeg oorlede is; Pieter wat ‘n Car Wash besigheid op Gansbaai het. Johan se skoolloopbaan was te Laerskool Jozua Naude en Hoërskool Roodepoort, waar hy in 1971 matrikuleer. Vir sy militêre opleiding was hy ‘n valskermsoldaat by 1 Valskermbataljon, waarna hy ‘n graad in Teologie aan die Universiteit van Suid-Afrika behaal het en daarna Honneurs aan die Vrystaatse Universiteit.

Nege jaar gelede tree hy op 24 Junie 2006 in die Kaap met Tersia in die huwelik, “‘n dame wat baie lief is vir binneversiering en in alle opsigte ‘n ster is.” Johan het 4 kinders (Jehan, Deon, Lynette en Christiaan), met 3 kleinkinders wat almal in die Kaap woon. Tersia het 3 dogters, waarvan 1 in Hong Kong is, 1 in Dubai en 1 in Pretoria en sy het 7 kleinkinders. Johan het 10 jaar gelede ‘n vakansiehuis in Franskraal besit, maar hulle het later besluit om permanent hierheen te verhuis.

“Ek was van kleinsaf lief vir lees en het die dorpsbiblioteek se boeke deurgelees,” vertel Johan. Op Hoërskool het sy pa eendag met Kennis van die Aand van André P Brink, wat hy as polisieman moes konfiskeer, by die huis aangekom en daar het Johan met hierdie groot skrywer se werk kennisgemaak. In 1978 begin hy by die NG Kerk Uitgewers/Lux Verbi en was onder andere ook by Perskor as Hoofbestuurder van hulle algemene uitgewerye betrokke, asook by Die Bybelbenootskap as hoof van Publikasies vir byna 10 jaar. “In 2007 is my droom verwesenlik toe ek met my eie Uitgewershuis, Naledi, begin,” vertel hy. “Ek het Sepedi (Noord-Sotho) op skool geneem en het baie van die woord Naledi gehou, wat ‘ster’ beteken.” Om ‘n boek te maak, vanaf die idee of konsep, tot waar die boek op ‘n rak staan, maar veral eerder gelees en waardeer word, is die beste en wonderlikste gevoel vir Johan en die woord “aftree” bestaan nie vir hom nie. Sy Uitgewershuis het met die wêreldbekende boek van Viktor Frankl, Waarom Lewe Ek, begin, wat opgevolg is met die reekse Oom Kaspaas en Adoons’hulle van TO Honiball. Na hulle groot sukses met die wêreldtreffer, Die Rykste Man in Babilon, het hulle pad met dié van RSG gekruis: Pleisters van die Siel van Riekert Botha; Tjailaresepte van Amore Bekker en andere. Onlangs was dit RSG se Wat sê die Prokureur (Igna Klynsmith), asook Wie is ek (Louis & Lise). Later sal Riaan Cruywagen se outobiografie, Wat’s Nuus, ook bykom, prof Willie Esterhuyse se Geagte Jahwe, asook die eerste volledige ontbytresepte, Brekvis met Derrich.

Naledi is vanjaar ook baie sterk by die Woordfees te Stellenbosch verteenwoordig, waar hulle saam met RSG ‘n gespreksreeks in die boeketent hou. Bekendes soos Iris Bester, Hein Kruger van Geldsake; “ons eie” SD Fourie; Dawie Louw en vele ander gaan aan die woord wees. “Ek probeer ook om die wêreldboekeskou in Frankfurt, Duitsland gereeld te besoek, wat die grootste boekeskou is waar elkeen wat leef en beef en lees en uitgee bymekaarkom.” Sedert sowat 2 jaar gelede kom elke boek ook in e-boek-formaat uit. Johan is ook by die Gansbaai Geskiedenisboek-projek betrokke, ry graag fiets en doen vanjaar sy 11de Argus, is lief om te stap en is ook lid van Gansbaai Wynproegilde, maar sy geliefkoosde stokperdjie sal altyd die lees van boeke wees en om met ‘n sterk teleskoop na die planete te kyk. “Intussen probeer ek om elke dag nóg meer in verwondering te leef,” het Johan die onderhoud met hom afgesluit. Al Naledi se publikasies kan op hul webtuiste, www.naledibooks.co.za, gesien word.

Hardus Botha

Profiel Johan Coetzee Naledi Uitgewers

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles