In Memoriam Johan Willem de Villiers

In Memoriam Johan Willem de Villiers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wyle Dr Johan (“Rob”) Willem de Villiers is op Donderdag, 19 Februarie 2015 in die ouderdom van 69 jaar oorlede. Johan is in Gansbaai gebore en het hier grootgeword en skoolgegaan en het later jare ook as onderwyser hier opgetree. Johan het sy onderwysloopbaan aanvanklik in Olifantshoek in die Kalahari begin en is later as skoolhoof op Vosburg en daarna op Patensie aangestel. In die voormalige Kwandebele, waar onderwysers opgelei is, is hy ook as Departementshoof aan die Ndebele Kollege aangestel. Dan het hy ook as Direkteur van die Alta du Toit Nasorg vir intellektueel gestremde volwassenes gedien.

Daar was hy ook deel van die groep mense, onder leiding van Ethel Kennedy, wat Special Olympics in Suid-Afrika tot stand gebring het. Op 23 Junie 1967, bykans 48 jaar gelede, word hy met Mary-Ann in Gansbaai in die huwelik bevestig. Die egpaar het 3 dogters, 6 kleinkinders en 1 agterkleinkind. “Ons het gedurende Desember 2013 na Gansbaai teruggekeer, waar hy weer na hartelus kon visvang,” sê Mary-Ann. “Sy liefde vir alles wat plaaslik is, word weerspieël in die avontuurverhale wat hy vir E-Books geskryf het, soos onder andere Janpan, Maestro, Panthera (Indiese luiperd) en die Drommedaris.”

Johan was ook ‘n goeie musikant wat vir sy eie plesier en ander se vermaak gereeld op sy kitaar, trekklavier en klavier gespeel het. Hy is ook allerweë as ‘n mens-mens beskryf wat lief was vir almal en graag stories vertel het of ervaringe met vriende en familie gedeel het. Hy het ook saam met sy goeie vriend, André Moolman tydens die NG Kerk se Feeskonsert verlede jaar opgetree.

“Johan was ook die een wat vir die sogenaamde ‘Underdog Projek’ opgekom het,” vertel Mary-Ann. Johan laat sy eggenote, Mary-Ann, 3 dogters, 6 kleinkinders en 1 agterkleinkind agter.

Die begrafnisdiens vir Johan is op Woensdag, 25 Februarie 2015 deur dr Bobo van Zyl in die NG Kerk, Gansbaai waargeneem, met ‘n sangsolo deur Richard van Waltzleben tydens die diens.

Hardus Botha

In Memoriam Johan Willem de Villiers

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

With the Moon out of the way and weather improving somewhat, there was a few hours gap last night for collecting a few photons.

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

See All Articles