Die Valentyns kys

Die Valentyns kys

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Carine Badenhorst se humoristiese praatjie het ons na ons eie Valentynsdae en die “kys-stories” laat terugdink,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders. “Al was die sogenaamde ‘kys’ soms net as hy jou hand so terloops en sonder om iets te sê, ná skool vasgehou het!”

Carine het tydens hulle Februarie-byeenkoms as gasspreker opgetree en met die dames oor ontmoetings, verhoudings en uiteindelik oor sielsgenote gepraat. “Daar is dié sielsgenoot met wie jy jou gedagtes spontaan kon deel as jul bymekaar uitkom, al was dit glad nie gereeld nie; dan dié een wat met tussenposes onverwags met ‘n bos blomme opgedaag het; en dan dié een wat miskien nie so romanties of die spreekwoordelike ridder was nie, maar wat tog altyd daar was, wat ondersteun het en met wie jy uiteindelik die res van jou lewe kon deel,” het Carine onder andere gesê.

Elizma sê die gesigsuitdrukkings van sommige dames het duidelik getoon dat hulle ‘n ver pad in die verlede in hul gedagtes saam met Carine teruggestap het. Daar was ook weer ‘n geluks-lootjietrekking vir vonkelwyn en sjokolade, met Carina de Waal wat dit gewen het. “En dit was baie spesiaal dat sy dit moes wen, aangesien dit haar en De Waal se huweliksherdenking was,” sê Elizma.

‘n Bietoubosbyeenkoms sonder verversings sal nooit ‘n Bietoubosbyeenkoms kan wees nie. Die hartjie-southappies (Enna Lotz) op die tafels en die vrugteslaai met roomys, ingesluit die aangename geselskap, het alles tot ‘n feestelike viering van die lewe en die liefde bygedra.

Die Bietoubossers se volgende byeenkoms is op 10 Maart, wanneer daar onder andere na Paasversierings gekyk gaan word. Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, sal die dames dan ook inlig oor Gansbaai Toerisme se groot planne vir 2015.

Belangstellende dames van De Kelders, Perlemoenbaai of Gansbaai wat meer inligting verlang of wat wil aansluit, kan die voorsitter, Annette van Zyl by 028-384-1075 kontak, of skakel vir Elizma de Lange by 028-384-1963.

Hardus Botha

Die Valentyns kys

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

With the Moon out of the way and weather improving somewhat, there was a few hours gap last night for collecting a few photons.

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

See All Articles