Gansbaai Elim Huis

Gansbaai Elim Huis

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Terwyl die skoolkinders aan die begin van 2015 nog vakansie gehou het, het die kinders van Gansbaai Elim Huis in Kerkstraat reeds met hul daaglikse program begin,” vertel Marie Reid van Marie's Boutique, Art & Beauty Shop. “Ons het ook ‘n heerlike Kerspartytjie vir die kinders gereël kort voordat die Huis vir die Desembervakansie gesluit het.”

Marie sê dit is wonderlik om te sien hoe die personeel die kinders bedags op ‘n gesellige, maar professionele en leersame wyse besig hou voordat hulle ‘n gekookte maal ontvang wat deur een van die wonderlike dames voorberei en afgelewer word. “Indien daar nog enige dames is wat bereid is om ook met die kokery te help, sal dit opreg waardeer word,” sê sy. “Die kos word by u eie huis voorberei en moet net voor 12:00 by die skooltjie afgelaai word, terwyl ‘n reeds uitgewerkte spyskaart beskikbaar is om sake te vergemaklik.”

Marie sê hulle beoog om dit op die speelterrein lekkerder te maak, onder andere met behoorlik sandputte wat baie stimulerend vir die kinders is. Om in die sand te speel is van groot waarde vir die kinders, veral ten opsigte van oog- en handkoördinasie. Skadunette word ook beplan terwille van die buite-aktiwiteite. “Ook hier sal ons hulp waardeer, veral deur ‘n paar manne wat dalk kan saamstaan.”

Fondse vir die bedryf van die Gansbaai Elim Huis is beperk en hulle is hoofsaaklik van die gemeenskap afhanklik. “Ek sien daardie kinders as ‘engeltjies’ wat Jesus gekies het en wat niemand kwaad kan aandoen of wil aandoen nie,” sê Marie. Met verwysing na die personeel se uitstekende werk met die kinders, nooi sy belangstellendes uit om die Huis tydens besoekure (daagliks tussen 10:30 en 11:30) te besoek om hulself van die aktiwiteite te vergewis.

Vir hulpverlening vanuit Gansbaai-geledere, kan Marie Reid by 083-310-1733 geskakel word.

Vir navrae oor Gansbaai Elim Huis kan Joanne Swart in Elim by 028-482-1988 of 072-109-1203 geskakel word.

Hardus Botha

Gansbaai Elim Huis

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

With the Moon out of the way and weather improving somewhat, there was a few hours gap last night for collecting a few photons.

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

See All Articles