Verjaarsdagwense
Geluk aan die volgende lede, julle is nog 'n jaar ouer!
Maart 4 Mike Lamb
9 J van Bredra
11 Andre Coetzee
12 Kobus van Heerden
Woensdag Sloegters (25 Maart)
1. Steve Muller met 'n uitmuntende 45
2. Bobby Brandt 42
3. Daan Victor 41
4. Pierre Pieters 40
5. Sextus Neethling 39
Naaste aan die penne: J Nell en Andre Roos
Spogtwees: Daan Victor en Andre Roos
Vrydag Hoender (27 Maart)
1. Jan Le Roux 20
2. Leon Hattingh 19
3. Daan Victor 18
4. Andre Roos 17
Saterdag KAMPIOENSKAPPE (28 Maart)
Die kampioen van die klub vir 2016 is Dicky de Kock. Hy het nie veel opposisie gehad nie, alhoewel 'n paar van die B-afdeling manne hom sterk opdraand gegee het. Hy wen met 'n 167 bruto oor 36 gate.
Die B-Afdeling was naelbytend. Daan Victor en Solly Wessels het na 36 gate altwee 169 bruto gehad. Dit het beteken 'n "sudden death" oor drie gate. Die agtiende was gehalveer , maar Daan het dit deurgehaak op die 8ste gat. So was die uitslae dus: (1) Daan Victor 169; (2) Solly Wessels 169; (3) John Hartshorn 171 en (4) Bobby Brandt 173. Die beste netto oor die hele veld was as volg: (1) Daan Victor 143; (2) Solly Wessels 145; (3) Andre Roos 147 en (4) Johan Coetzee 150. Die C-Afdeling is gewen deur ET Engelbrecht met 59 punte oor 27 gate. Tweede was Jan le Roux met 53 en derde was Jack Doyle met 53 punte.
Die Dames is gewen deur June Rahn (kan julle dit glo sy is amper 80 jaar oud). Haar telling was 51 (oor 27 gate). Knap gedaan!!!!! Tweede was Marleen Davin 39 punte. Naaste aan die penne: Sextus Neethling, Solly Wessels en Johan Coetzee. Spogtwees: M Bury, Solly Wessels, Sextus Neethling en Andre Roos.
ONTHOU STEAKAAND OP 6 MAART!! R1000 Trekking!
GANSBAAI Gholfklub / Golf Club
Tel: 028 384 1441 Fax: 028 384 1225
E-mail: gbgholf@gmail.com