Franskraal Rolbalnuus (5 March 2015)

Franskraal Rolbalnuus (5 March 2015)

Gansbaai Courant

Op Saterdag 28 Februarie het Franskraal Rolbalklub ons jaarlikse Thorburn Security Solutions ope driespel-kompetisie aangebied.  In die verlede het ons goeie bywoning tydens hierdie toernooi gehad.  Hierdie jaar egter is ons stoutste verwagtinge oortref met ʼn rekordgetal besoekende spanne en deelnemers. Dit is dan ook die eerste keer in die geskiedenis van Franskraal Rolbalklub dat ons twee bane vol gehad het tydens ʼn eendagkompetisie.  Voorwaar iets om op trots te wees.

Ses en twintig spanne het deelgeneem met besoekers van Caledon  (een span), Worcester (twee spanne), Kleinmond (drie spanne) en ses spanne van Bonnievale.  Ons was dan ook baie bevoorreg om een span van Thorburn hier te verwelkom.  Hulle is lede van die CBC Old Boy’s Rolbalklub in Pretoria en het spesiaal hierheen gekom om deel van hierdie dag te wees.

Roelof Eksteen het 'n besondere atmosfeer geskep met die musiek wat hy gedurende die dag gespeel het.  Dit het meegehelp om die gees van die dag te bepaal en spelers se voete het behoorlik gejeuk met die aanhoor daarvan. 

Uitstekende rolbal is deur die dag gespeel en 'n besondere  goeie gees is onder al die deelnemers  bespeur. Die wenspan op die dag was die span Wictor Herbert, Dirk Jordaan en Hennie van der Merwe van Bonnievale. In die tweede plek was die span van Thorburn Security met Hammy Hamilton, Dolf Scheepers en sy vrou Linda.  Die derde plek is deur die span van Josua Joubert, ook van Bonnievale, ingeneem.  Baie geluk aan hulle. 

Ons borg, Thorburn Security, met FC Smit as Besturende Direkteur, het werklik uit hul pad gegaan om net die beste vir Franskraal Rolbalklub aan te bied.  Benewens die prysgeld is ons trakteer op 'n heerlike spitbraai en die heerlikste slaaie vir middagete. CJ, die braaier, het hom uitstekend van sy taak gekwyt en die vleis was heerlik.  Behalwe al die kos het CJ en sy vrou ook alle breek- en messegoed gebring vir die ete.  Ontvang ons hartlike dank CJ.  Wat die borgskap van Thorburn nog te meer besonder maak, is dit dat dit 'n welwillendheid borgskap is en hulle het geen ondersteuning uit ons plaaslike gemeenskap daarvoor ontvang nie.  Dolf Scheepers het in sy spreekbeurt uiteengesit waar Thorburn Security  gesetel is en die tipe sekuriteit wat hulle aanbied.  Hulle het  in die omgewing van 6 000 werknemers landwyd.   

Baie dankie Dolf dat julle ons met jul teenwoordigheid vereer het.  Dit word baie hoog op prys gestel.

Ons hartlike dank gaan ook uit na al ons klublede wat meegehelp het om van hierdie dag 'n groot sukses te maak. Elke bydra, groot of klein, word baie hoog op prys gestel.

Ons Besigheidsliga nader nou die einde en die volle uitslae sal met ons volgende skrywe bekendgemaak word.

Rolbalgroete tot 'n volgende keer.

Philip Malherbe

Franskraal Rolbalnuus (5 March 2015)

Philip Malherbe

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles