Hernuwing van Bevoegdheidsertifikate en Vuurwapenlisensies

Hernuwing van Bevoegdheidsertifikate en Vuurwapenlisensies

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die gemeenskap word daarop gewys dat hulle hul vuurwapenlisensies, asook hul bevoegdheidsertifikate moet nagaan om sodoende vas te stel of dit nie al verval het nie. Die sertifikate en lisensies moet drie (3) maande vóór die vervaldatum hernu word. Kennis kan ook geneem word dat dit nie nodig is om weer ‘n kursus in hierdie verband te deurloop nie. Vir enige navrae in hierdie verband kan Adj-Off René Human of Adj-Off Hester Smith by Gansbaai SAPD gekontak word.

Nalatigheid deur inwoners: Tydens verskeie geleenthede is berigte geplaas en veiligheidswenke versprei rakende waarskuwings oor die indiensneming van huiswerkers en tuiniers sonder enige agtergrondskennis oor hulle. Verskeie versoeke is ook al gerig dat afskrifte van sodanige werkers se ID-dokumente gemaak moet word, asook om te bevestig waar hulle woon. Onlangs was daar weer verskeie gevalle van diefstal deur aangestelde huiswerkers of tuiniers aangemeld, terwyl die werkgewers geen idee het van wie die mense werklik is of waar hulle woon nie. Inwoners moet ook daarop let dat die indiensneming van mense buite die Suid-Afrikaanse grense en wat oor geen geldige dokumentasie beskik nie, hulself skuldig maak aan ‘n misdaad. Die gemeenskap word weer eens versoek om die nodige veiligheidsmaatreëls in plek te hê om hul eie veiligheid, asook dié van hulle gesinne, te verseker.

Wenke help : Onlangs weer is etlike wenke deur inwoners aan Gansbaai SAPD verskaf oor misdade wat plaasgevind het. Hierdie wenke is opgevolg en het tot suksesvolle arrestasies gelei. Gansbaai SAPD wil die gemeenskap graag aanmoedig om wenke, hoe gering ookal, aan die polisie oor te dra. Dit is nie verpligtend om name, vanne en ander besonderhede te verskaf nie. Indien verdagtes in die omgewing opgemerk word, moet daar geensins gehuiwer word om dit onder die polisie se aandag te bring nie. Vertroulike inligting kan direk aan Adj-Off Mostert van Gansbaai SAPD by 028-384-0201 oorgedra word, indien mense dit nie met enige polisiebeampte wil deel nie.

Die inligting is by wyse van verskillende mediaverklarings deur Adj-Off CW le Roux beskikbaar gestel en vir navrae kan hy by 028-384-0201 gekontak word.

Hardus Botha

Hernuwing van Bevoegdheidsertifikate en Vuurwapenlisensies

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

With the Moon out of the way and weather improving somewhat, there was a few hours gap last night for collecting a few photons.

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

See All Articles