Gansbaai Wynproegilde se eerste wynuitstappie het op Vrydag, 27 Februarie 2015 plaasgevind - en soos altyd is dit terdeë geniet. “Ons eerste stop, ná ‘n ontbytglasie champagne in die bussie, was dit Paul Cluver Wyne, wat nou deur die 5de generasie Cluver's bestuur word,” vertel voorsitter Theuns Roodman.
“Daar is uitstekende Sauvignon Blanc, Gewurstraminer Chardonnay en ‘n besonderse Pinoit Noir, die Estate Pinot Noir, en ‘n Noble Late Harvest as proe-wyne aangebied.” Daarna het die groep in die vallei opgedraai en die Highlands Road gevolg tot by Paul Wallace Wines, waar hulle deur Paul en Nicky onthaal is en ‘n besonderse Saugvignon Blanc geproe het.
Die baie sagte Pinot Noir van die Elgin Vallei Vintners was ook vir die groep ‘n belewenis. Die derde landgoed wat besoek is, was die Highland Road Estate, waar Mark Colebank hulle besonderse wyne laat proe het en almal hulle “trommeldik” aan smaakvolle pizzas geëet het, om nie te praat van hulle 2013 Sauvignon Blanc, Sine Cera (brons medalje) en hulle 2011 Ruadh, ‘n pragtige rooiwyn, nie.
Vir navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan Amanda de Vries by 028-388-0708 of 082-832-1614 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.
(Foto’s is deur Jane Bailey geneem)
Hardus Botha