Soek die HERE se teenwoordigheid

Soek die HERE se teenwoordigheid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Sing liedere, sing tot sy eer, vertel van al sy magtige dade. Roem sy heilige Naam, laat dié wat die teenwoordigheid van die HERE soek, bly wees. Soek hulp en beskerming by die HERE, soek gedurig sy teenwoordigheid.”  (1 Kron. 16:9-11)

Ek wonder of daar in ons geloofslewe ’n groter behoefte, of noem dit ’n tekortkoming, kan wees as om te verlang na die teenwoordigheid van die HERE in ons lewe.  Die grootste geheim in die Koninkryk van GOD is sekerlik die kuns om dag en nag die nabyheid van die HERE te ervaar – en om dan daardie vrede te ervaar wat alle verstand te bowe gaan! (Fil. 4:7) Onthou jy nog die tyd toe jy nie kon wag om huis toe te gaan en saam met jou pa en ma te kuier nie? Of daardie wonderlike tyd as jy verlief is ( veral as jy getroud is!) om by jou geliefde te wees en in mekaar se arms te wees? Nou, dit is waarna ek verwys as ek sê dat die kinders van GOD  verlang om Sy teenwoordigheid te beleef.

Hoe gebeur dit dat ons die HERE se teenwoordigheid ervaar? As jy gou weer die verse hier bo lees sal jy agterkom dat een van die eerste dinge wat die gelowige moet doen om die HERE se teenwoordigheid te ervaar is om te sing tot Sy eer! Ja, al kan jy nie sing nie, al sing jy hoe vals, is die Woord van GOD vol van voorbeelde waar gelowiges tot eer van GOD sing. Jy moet met ’n lied in jou hart rondloop as jy 24 uur van die dag, sewe dae van die week, GOD se teenwoordigheid wil ervaar. Waar kom hierdie lied in ons harte vandaan? As jy rondom jou kyk en GOD se magtige dade raaksien, Sy wonderwerke wat elke dag in jou liggaam en in die natuur om ons gebeur, kan jy nie anders as om tot eer van die HERE te sing nie!

Lees weer die verse hier bo.  Lees jy ook raak dat dié wat die teenwoordigheid van die HERE soek, bly is? Ja, in die teenwoordigheid van die HERE kan jy nie anders as om vol vreugde en blydskap te wees nie. Jy borrel man! Jou gemoed loop oor van dankbaarheid en verwondering oor wat GOD elke dag in jou lewe doen! Ek wil soos Dawid sing en dans in GOD se teenwoordigheid! Ek wil juig oor Sy goedheid en jubel oor Sy liefde vir ons! (Psalm 5:12; 31:8; 32:11; 35:9; 81:1; 95:1; ens.)

Kom ons begin almal om die teenwoordigheid van die HERE te soek deur te jubel en juig (sing) oor Sy magtige dade! Vertel jou kinders, jou vriende, jou werknemers en almal waarmee jy te doen kry hoe goed en getrou GOD is. Dalk, ja net dalk begin daar ’n verandering in mense se lewe kom as almal besef dat GOD hier teenwoordig is en in ons harte woon. Daar is al gesê dat GOD Homself skilder in die dieptes van ons siel en dat ons ons harte moet oopmaak om Hom te ontvang en Sy liefdevolle teenwoordigheid te beleef.

Soek die HERE se teenwoordigheid

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

With the Moon out of the way and weather improving somewhat, there was a few hours gap last night for collecting a few photons.

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

See All Articles