Soek die HERE se teenwoordigheid

Soek die HERE se teenwoordigheid

Gansbaai Courant

 “Sing liedere, sing tot sy eer, vertel van al sy magtige dade. Roem sy heilige Naam, laat dié wat die teenwoordigheid van die HERE soek, bly wees. Soek hulp en beskerming by die HERE, soek gedurig sy teenwoordigheid.”  (1 Kron. 16:9-11)

Ek wonder of daar in ons geloofslewe ’n groter behoefte, of noem dit ’n tekortkoming, kan wees as om te verlang na die teenwoordigheid van die HERE in ons lewe.  Die grootste geheim in die Koninkryk van GOD is sekerlik die kuns om dag en nag die nabyheid van die HERE te ervaar – en om dan daardie vrede te ervaar wat alle verstand te bowe gaan! (Fil. 4:7) Onthou jy nog die tyd toe jy nie kon wag om huis toe te gaan en saam met jou pa en ma te kuier nie? Of daardie wonderlike tyd as jy verlief is ( veral as jy getroud is!) om by jou geliefde te wees en in mekaar se arms te wees? Nou, dit is waarna ek verwys as ek sê dat die kinders van GOD  verlang om Sy teenwoordigheid te beleef.

Hoe gebeur dit dat ons die HERE se teenwoordigheid ervaar? As jy gou weer die verse hier bo lees sal jy agterkom dat een van die eerste dinge wat die gelowige moet doen om die HERE se teenwoordigheid te ervaar is om te sing tot Sy eer! Ja, al kan jy nie sing nie, al sing jy hoe vals, is die Woord van GOD vol van voorbeelde waar gelowiges tot eer van GOD sing. Jy moet met ’n lied in jou hart rondloop as jy 24 uur van die dag, sewe dae van die week, GOD se teenwoordigheid wil ervaar. Waar kom hierdie lied in ons harte vandaan? As jy rondom jou kyk en GOD se magtige dade raaksien, Sy wonderwerke wat elke dag in jou liggaam en in die natuur om ons gebeur, kan jy nie anders as om tot eer van die HERE te sing nie!

Lees weer die verse hier bo.  Lees jy ook raak dat dié wat die teenwoordigheid van die HERE soek, bly is? Ja, in die teenwoordigheid van die HERE kan jy nie anders as om vol vreugde en blydskap te wees nie. Jy borrel man! Jou gemoed loop oor van dankbaarheid en verwondering oor wat GOD elke dag in jou lewe doen! Ek wil soos Dawid sing en dans in GOD se teenwoordigheid! Ek wil juig oor Sy goedheid en jubel oor Sy liefde vir ons! (Psalm 5:12; 31:8; 32:11; 35:9; 81:1; 95:1; ens.)

Kom ons begin almal om die teenwoordigheid van die HERE te soek deur te jubel en juig (sing) oor Sy magtige dade! Vertel jou kinders, jou vriende, jou werknemers en almal waarmee jy te doen kry hoe goed en getrou GOD is. Dalk, ja net dalk begin daar ’n verandering in mense se lewe kom as almal besef dat GOD hier teenwoordig is en in ons harte woon. Daar is al gesê dat GOD Homself skilder in die dieptes van ons siel en dat ons ons harte moet oopmaak om Hom te ontvang en Sy liefdevolle teenwoordigheid te beleef.

Soek die HERE se teenwoordigheid

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles