Die reeds bekende Ikamva vir Jeugontwikkeling, ‘n Rekenaarsentrum en Naskoolse aktiwiteite het vanjaar hul 10de verjaardag met ‘n prestige funksie in die Blompark Gemeenskapsaal gevier. “Gedurende 2005 het die Overstrandse- en Distriksmunisipaliteite ‘n toer geborg om verskillende behoeftes vir die jeug in ons gemeenskap te bepaal,” vertel Ikamva se Bestuurder, Jolande Sauls.
“Dit was omdat die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, asook Gansbaai Kliniek die gebied as ‘n hoë risiko-area geïdentifiseer het.” Sy sê dat 8 van Blompark se dames wat die toer meegemaak het, se optrede daartoe gelei het dat Ikamva gestig is. In Xhosa beteken die woord Ikamva “die toekoms”, en dit was juis hulle doel om ‘n toekoms vir die jeug te verseker. “Daarom is Ikamva se programme “toekoms-gedrewe” om die jeug met toekomsdrome te bemagtig. Drie van die oorspronklike 8 dames is steeds aktief aan die roer van sake: Jolande Sauls (Bestuurder), Carol Valentine en Eliza Felix.
Van ‘n nederige begin waar slegs die jeug van Blompark bedien is, het Ikamva intussen uitgebrei na die jeug van Beverley Hills, Masakhane, Gansbaai, Stanford, Pearly Beach en Buffeljachts. Die hoofdoel van Ikamva se verskillende programme is om perlemoensmokkel, dwelm- en alkoholverslawing, tienerswangerskappe en ander misdade onder die jeug te beveg. Die jeug word veral ook aangemoedig om hul skoolloopbane te voltooi en om sodoende te verseker dat daar ‘n suksesvolle toekoms op hulle wag.
“Goals achieved - Our personnel have had the opportunity to qualify with the following accredited training courses - ECD level 4 & 5 training at Klein Karoo Bronnesentrum; Psychosocial support; First Aid and Community Care Workers at Elgin College.
Networking Partners - Departments of Social Development, Health and Agriculture. At Blompark Community Centre we provide after-school care to 60 children between the ages of 5 and 15 years. Many of these children need help with schoolwork, life skills and growth activities. We also provide the children with one meal a day, because we know that without a full tummy you cannot learn or grow. Some of the children suffer from Foetal Alcohol Syndrome (FAS) and need extra help with Math’s and reading.
Progress - Before the programme started, children were just left to themselves. Now we can see the progress we are making.
The children are doing well in school as a result. Not only are the children improving in the class word but the teachers have commented on their improved self-discipline.”
Om verder oor Ikamva se afgelope 10 jaar uit te brei, sal op die skryf van ‘n boek neerkom. Hulle het van krag tot krag gegroei, met vele programme wat met groot suksesse toegepas word. Jolande bedank graag die The United States President’s Emergency Plan for Aids Relief, die Departemente van Gesondheid en Maatskaplike Ontwikkeling, Overstrand munisipaliteit, Badisa, I & J, Gansbaai Superspar en Grootbos Foundation, asook die reëlingskomitee, verteenwoordigers, ondersteuners en almal wat meegewerk het om ‘n mooi dag van die verjaardagvieringe te maak.
Vir navrae rakende Ikamva kan Jolande Sauls by 072-453-8065 of 028-384-2144 geskakel word.
Hardus Botha