Die Wes-Kaapse Skole Atletiekbyeenkoms is die afgelope naweek op Saterdag, 7 Maart aangebied. Twee van ons atlete, Niveena Jantjies en Fiona Fourie het deelgeneem en het die volgende pragtige prestasies behaal:
Fiona Fourie behaal 6de plek in 75m hekkies finaal
Niveena Jantjies behaal 1ste plek in spiesgooi
Ons is besonder trots op hierdie twee atlete van ons – julle is ware ambassadeurs!
Met haar 1ste plek in spiesgooi, kwalifiseer Niveena Jantjies vir deelname aan die SA Skole Atletiekbyeenkoms wat hierdie jaar gedurende 21 – 22 Maart 2015 in Sasolburg by die Germiston Atletiekstadion plaasvind.
Dit is Niveena se 4de jaar wat sy aan die SA’s gaan deelneem. Hierdie keer glo ons jy gaan hulle ‘n ding of twee wys – ons weet jy kan! Lewer jou persoonlike beste en die res kom vanself.
Leana Botbyl, Sportorganiseerder