Gansbaai Krieketklub het Sondag hulle onoorwonne rekord in die Overberg 20/20 Sondag liga behou deur Napier Krieketklub met 7 paaltjies op hul tuisveld te klop.
Napier Krieketklub het eerste gekolf, maar kon nie weerstand bied teen die goeie boulwerk en veldwerk van Gansbaai Krieketklub nie. Napier Krieketklub is almal uitgeboul vir 66 lopies in 19.4b.b. Christo Swart (4-0-8-2), Drian Kriel (4-0-9-1), Corrie Avenant (3-0-10-1) en Douw Louwrens (3.4-1-11-4) was die beste boulers.
Gansbaai Krieketklub het toe gaan kolf en het gou twee paaltjies verloor, maar danksy 'n goeie vennootskap om die derde paaltjies tussen Corrie Avenant 38 n.u.n (3x4)(1x6) en Melvin Tobias 13, maklik die wen lopies behaal. Gansbaai Krieketklub het 67/3 in 14b.b aangeteken en sodoende die wedstryd met 7 paaltjies gewen.
Eerskomende Sondag reis Gansbaai na Stanford om teen Stanford Krieketklub te speel. Ons hoop dat Gansbaai kan voort hou op die vertoning. Sterkte.
Sportiewe groete, Heinrich Vermeulen, 082 715 3179