Veiliger ingang by Kleinbaaihawe

Veiliger ingang by Kleinbaaihawe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 ‘n Paar jaar terug is daar by die verantwoordelike liggaam (“slip”-komitee)  voorgestel dat die ingang by Kleinbaaihawe so verander word dat dit veiliger is om daar die hawe binne te vaar. Die nodige planne is destyds aanvaar en goedgekeur, ongelukkig is daar op die ou end besluit om nie daarmee voort te gaan nie. Ek dink steeds dat die toepassing  daarvan sin sal maak en uitgevoer behoort te word.

Destyds was die argument daarteen dat die ligte wat gebruik gaan word in dik mis nie effektief sal wees nie. ‘n Ander argument was dat ‘n skipper homself eers moet vergewis van plaaslike toestande voordat hy sy boot hier gebruik. Nou wil ek graag weer die teenoorgestelde probeer uitwys. Dis heeltemal waar dat dik mis sommige ligte oneffektief sal maak. Maar wat van die baie voordele tydens ander tye wat dit wel, as ‘t ware, onmisbaar maak?  Hoeveel ander skippers wat van Kleinbaai gebruik maak het die tyd om hulle self behoorlik van plaaslike omstandighede te vergewis en dit beteken nie die skipper is onverantwoordelik nie. Die plaaslike skippers, en natuurlik die haaibote kom goed reg sonder dat hulle hoef staat te maak op verbeterde ingangsmetodes. Maar hierdie mense het gewoonlik ‘n GPS wat uiteraard ‘n groot hulp is, en in elk geval al gewoond is daaraan om die situasie daarsonder te kan hanteer. Dis nou as daar nie onvoorsiene omstandighede is nie. Wie weet nie van die middagson in die oë, stikdonker nagte, en boonop ‘n baie wilde see, ook tye met hoogspring wat die inkom baie riskant maak nie? Wie sal met veiligheid hierdie faktore kan hanteer in geval die GPS dalk ingee of daar ander probleme is. Jy kan nie verwag dat iemand wat nie op datum is met plaaslike omstandighede nie, moet staat maak op huisligte en ander tekens wat die inkom vergemaklik.

Almal wat ken van hier rond sal getuig dat die inkom nie so eenvoudig is as wat dit voorkom nie. Die inkomslag sowel as die uitgaan benodig so ietwat van ‘n rigtingverandering, en dis juis dit wat omstandighede bemoeilik. Die ou hande weer eens, is al so gesout dat hulle die hele operasie sal vereenvoudig en vir baie van hulle is daar nie verandering nodig nie. Somtyds wanneer ‘n skipper moet verseker dat die boot en sy bemanning veilig die hawe binnekom en  hy word  gekonfronteer met gevaarlike omstandighede kan  verbeterde tekens die verskil beteken tussen ‘n ramp en veiligheid. Dit sal nie in alle gevalle die antwoord wees nie, maar daardie een keer wanneer dit help, vir wie ookal, is dit ‘n besliste uitkoms.

Daar is baie voorbeelde wat gebruik kan word (nie noodwendig ligte nie) wanneer besluit moet word oor die toepassing daarvan en ek wil weer eens vra dat daar oorweging daaraan geskenk word  --  voor iets drasties verkeerd loop, en nie daarna nie!  Dit behoort eintlik logies te wees!  Tot volgende keer, Seemeeu

Veiliger ingang by Kleinbaaihawe

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles