Veiliger ingang by Kleinbaaihawe

Veiliger ingang by Kleinbaaihawe

Gansbaai Courant

 ‘n Paar jaar terug is daar by die verantwoordelike liggaam (“slip”-komitee)  voorgestel dat die ingang by Kleinbaaihawe so verander word dat dit veiliger is om daar die hawe binne te vaar. Die nodige planne is destyds aanvaar en goedgekeur, ongelukkig is daar op die ou end besluit om nie daarmee voort te gaan nie. Ek dink steeds dat die toepassing  daarvan sin sal maak en uitgevoer behoort te word.

Destyds was die argument daarteen dat die ligte wat gebruik gaan word in dik mis nie effektief sal wees nie. ‘n Ander argument was dat ‘n skipper homself eers moet vergewis van plaaslike toestande voordat hy sy boot hier gebruik. Nou wil ek graag weer die teenoorgestelde probeer uitwys. Dis heeltemal waar dat dik mis sommige ligte oneffektief sal maak. Maar wat van die baie voordele tydens ander tye wat dit wel, as ‘t ware, onmisbaar maak?  Hoeveel ander skippers wat van Kleinbaai gebruik maak het die tyd om hulle self behoorlik van plaaslike omstandighede te vergewis en dit beteken nie die skipper is onverantwoordelik nie. Die plaaslike skippers, en natuurlik die haaibote kom goed reg sonder dat hulle hoef staat te maak op verbeterde ingangsmetodes. Maar hierdie mense het gewoonlik ‘n GPS wat uiteraard ‘n groot hulp is, en in elk geval al gewoond is daaraan om die situasie daarsonder te kan hanteer. Dis nou as daar nie onvoorsiene omstandighede is nie. Wie weet nie van die middagson in die oë, stikdonker nagte, en boonop ‘n baie wilde see, ook tye met hoogspring wat die inkom baie riskant maak nie? Wie sal met veiligheid hierdie faktore kan hanteer in geval die GPS dalk ingee of daar ander probleme is. Jy kan nie verwag dat iemand wat nie op datum is met plaaslike omstandighede nie, moet staat maak op huisligte en ander tekens wat die inkom vergemaklik.

Almal wat ken van hier rond sal getuig dat die inkom nie so eenvoudig is as wat dit voorkom nie. Die inkomslag sowel as die uitgaan benodig so ietwat van ‘n rigtingverandering, en dis juis dit wat omstandighede bemoeilik. Die ou hande weer eens, is al so gesout dat hulle die hele operasie sal vereenvoudig en vir baie van hulle is daar nie verandering nodig nie. Somtyds wanneer ‘n skipper moet verseker dat die boot en sy bemanning veilig die hawe binnekom en  hy word  gekonfronteer met gevaarlike omstandighede kan  verbeterde tekens die verskil beteken tussen ‘n ramp en veiligheid. Dit sal nie in alle gevalle die antwoord wees nie, maar daardie een keer wanneer dit help, vir wie ookal, is dit ‘n besliste uitkoms.

Daar is baie voorbeelde wat gebruik kan word (nie noodwendig ligte nie) wanneer besluit moet word oor die toepassing daarvan en ek wil weer eens vra dat daar oorweging daaraan geskenk word  --  voor iets drasties verkeerd loop, en nie daarna nie!  Dit behoort eintlik logies te wees!  Tot volgende keer, Seemeeu

Veiliger ingang by Kleinbaaihawe

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles