Saterdag, 7 Maart, is die laaste wedstryd van die gemengde liga gespeel. Ons Gansbaaispan het hier op ons tuisbane teen Bonnievale gespeel. Die tuisspan het goed gespeel en 'n maklike oorwinnig van 8 - 0 behaal. Elke speler het dus sy/haar wedstryd gewen. Baie geluk.
Baie dankie ook aan die volgende spelers wat hierdie seisoen beskikbaar was en so toegewyd deelgeneem het aan die liga: Alta van Niekerk; Lyn Bouchier; Carien Gooding; Lisel Joubert; Celia van Blerck; Liandro Lodewyk ; Daniël Geldenhuys; Eben Lourens; en Gerhard Germishuys. Ons het 4 van die 5 westryde gewen. Dit is 'n uitstekende prestasie!
Die uitslag is as volg: 1 - Ceres/KoueBokkeveld; 2 - Worcester; 3 - Gansbaai; 4 - Napier; 5 - Montagu; 6 - Bonnievale.
Op Saterdag, 28 Maart, beplan ons 'n lekker sosiale dag. Ons nooi hartlik alle oud-spelers, nuwe spelers, ou spelers (wat die rakette moet gaan afstof), jong spelers en enigiemand wat die dag saam met ons wil kom geniet en 'n potjie tennis wil speel. Ons begin al die oggend vanaf 10:00 af , maar jy sluit aan soos dit jou pas. Daar sal ligte eetgoed beskikbaar wees. R10 per speler om die balfooie te dek.
Skakel my gerus vir meer inligting. 072 117 3473
Tennisgroete, Daneel Geldenhuys