Varswater Hengeldame

Varswater Hengeldame

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sandrie Wessels van Perlemoenbaai het maar sowat 3 jaar gelede met varswaterhengel kennis gemaak, maar het lankal reeds bewys sy kan haar “vrou kan staan” agter die visstokke vir Suid-Kaap.

Onlangs, vanaf 9 tot 11 Februarie 2015, het Sandrie aan die SA’s te Bloemhof deelgeneem en dit was die eerste keer wat Suid-Kaap ‘n damespan gestuur het. “Ons het in die President A Afdeling deelgeneem en daar was ‘n totaal van 7 spanne, met 8 per span, plus die Bestuurder en Kaptein,” vertel sy. Die span waarby Sandrie ingeskakel was, het 3de geëindig. Syself het ‘n totaal van 23 visse gevang met ‘n massa van 18.23kg.

‘n Tyd gelede, 30 tot 31 Januarie 2015, het Sandrie aan die Cape Coastals deelgeneem. Dit was ‘n “nuwe” kompetisie waarby WP, OP en Suid-Kaap betrokke was. Sandrie kon beslis tevrede gevoel het, aangesien sy in die wenspan was, maar sy het ook as individu ingeskryf. Individueel het sy 2de geëindig met ‘n sak van 10 visse en ‘n massa van 9.89kg. “Dit was onplesierige weer en op die tweede dag het ons lekker natgereën,” vertel sy. Dit is verblydend om weer van varswaterhengel te hoor en Gansbaai Courant se sportblaaie kan gerus dopgehou word vir meer varswaterhengel-nuus in die toekoms.        

Hardus Botha

Varswater Hengeldame

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles