Gansbaai SAPD het onlangs enkele nuwe lede in diens geneem. Hulle is almal in hul onderskeie hoedanighede verwelkom en is reeds flink aan die werk.
Die nuwe aanstellings is: Lt Muneeb Africa (Hoof Vispol), Adj-Off Charnell Human (Menslike Hulpbronbestuur), Leonoré Botes (Klerk - Logistiek), Mary-Anne Franken (Klerk - Logistiek), Anthea de Villiers (Klerk - Finansies), Teboho Masoleng (Klerk - Administrasie), Heinrich Jansen (Telefoonoperateur) en Mnqophiso Cengimbo (Tuinier).
Gansbaai Courant verwelkom graag die nuwe SAPD personeellede en wens hulle net die beste toe in die uitvoering van hul pligte in hul onderskeie poste.
Gansbaai SAPD se kontaknommer is 028-384-0201.
Hardus Botha