Tannie Mick se 100ste

Tannie Mick se 100ste

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Dit was ‘n wonderlike dag gewees wat vir my in Somerset-Wes gereël is, selfs met besoekers vanaf Pretoria en Amerika, asook al my vriendinne van Somerset-Wes,” vertel Anna Viviers, of te wel Tannie Mick van Franskraal wat op 17 Maart 1915 in Potchef-stroom gebore is - 100 jaar gelede.

Afgesien van die “normale” dingetjies wat met so ‘n hoë ouderdom gepaardgaan, is sy eintlik nog blakend gesond en kan haar voorkoms en optrede hoegenaamd nie met ‘n 100-jarige persoon geïdentifiseer word nie. Haar nooiensvan is Mitchell, vandaar die noemnaam ‘Mick’. Sy en haar oorlede man is op 13 Desember 1941 in die huwelik bevestig, maar hy het haar reeds in 1991 ontval. Die egpaar het een seun, Jan Viviers, getroud met Lulu wat in Franskraal woon, asook ‘n dogter, Anita, getroud met André Louw van Somerset-Wes. Dan spog Tannie Mick met 3 kleinkinders en 7 agterkleinkinders. Sy het sedert 1993 in Somerset-Wes gewoon, maar het gedurende 2014 saam met Jan en Lulu na Franskraal verhuis.

Sy vertel dat sy ‘n administratiewe beroepslewe gehad het, maar sy is steeds baie lief vir handwerk, naaldwerk en kosmaak. Geraamde tapiserie-werke, wat sy haarself steeds mee besig hou, dien as bewys van haar kunstigheid. Gansbaai Courant het verlede jaar ‘n onderhoud met haar op haar 99ste verjaardag gevoer, waar sy onder andere gesê het: “Watwou bedlêend, ek het so pas in Gansbaai Superspar saam met my skoondogter rondgeloop - sonder ‘n kierie of ‘n rolstoel!” Nou het sy haar 100ste mylpaal bereik en sy lyk nie ‘n dag ouer as verlede jaar nie. 

(Foto: Anita Louw)

Hardus Botha

Tannie Mick se 100ste

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles