100 jarige se avonture

100 jarige se avonture

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Mens sou kon dink dat die ouderdom van 100 jaar “nie jou speelmaat” is nie, maar die 100-jarige Georgina Harwood van Rondebosch in die Kaap sien vir veel meer kans as menige jonger dames. Georgina is op 10 Maart 1915 gebore en tydens die onderhoud het sy beklemtoon dat sy ‘n Suid-Afrikaanse burger is en baie trots daarop is.

Wat haar onlangse avonture betref, het sy op versoek besluit om dit as ‘n fondsinsame-lingsprojek ten bate van Sea Rescue (NSRI) aan te pak. “Ek het nog altyd by die see gewoon en koester groot respek vir NSRI se reddingswerk wat hulle doen,” sê sy. Eers was dit haar tandem-valskermsprong (haar derde een) wat sy met sukses afgehandel het. “Vir my 100ste verjaardag het ek saam met vriende en familie met Tafelberg se kabelkar opgegaan om my verjaardag daar saam met vriende te vier,” vertel se trots.

Wilfred Chivell van Dyer Island Conservation Trust het van haar gehoor en gesê hy skenk R5,000 aan NSRI as sy bereid sou wees om hierheen te kom en in ‘n haaikyk-hok af te gaan. Sy het nie op haar laat wag nie en is op Maandag, 16 Maart 2015 op Marine Dynamics se Slashfin see toe - in ‘n duikpak en gereed om na die Grootwithaaie onder water te kyk. Dit was baie reënerig en sy sê sy sou ‘n sonskyndag meer waardeer het, maar het nietemin saamgegaan. “Ek was bevoorreg om soveel haaie te kon sien en ek beskou daardie avontuur as ‘n baie spesiale ervaring - veral toe ek hoor die haaie het name en ek kon na ‘Ingrid’ kyk,” vertel sy.

“Ek hoop sulke ervaringe sal mense help om haaie te waardeer, asook die moeite wat gedoen word om hulle te bewaar.” Dit was ‘n belewenis om ‘n onderhoud met hierdie klein en tingergeboude vroutjie te voer en haar lewenslus te aanskou, met energie wat behoorlik uit haar straal. Georgina het 4 kinders, 14 kleinkinders en 11 agter-kleinkinders. “Jy sal my nie glo nie, maar op 100 leer ek steeds elke dag!” was haar afsluitingswoorde.

Hardus Botha

100 jarige se avonture

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

With the Moon out of the way and weather improving somewhat, there was a few hours gap last night for collecting a few photons.

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

See All Articles