DA se Gala aand

DA se Gala aand

Gansbaai Courant

Op Donderdag, 5 Maart 2015 het rdl Riana de Coning namens die plaaslike DA-tak ‘n baie suksesvolle “100 Klub Funksie” as fondsinsamelingsprojek gereël. “Die doel van die aand was om fondse ter ondersteuning van die 2016 verkiesing in te win,” sê Riana.

Sy sê 100 genooide gaste het die gesellige samesyn en sosiale verkeer terdeë geniet, maar ook hul harte en beursies wyd oopgemaak om tot die fonds by te dra. Sakemanne en -vroue vanuit die gemeenskap het mildelik bygedra - nie net tydens die wynveiling nie, maar ook met die borg van pryse wat tydens die trekkings uitgedeel is.

Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, het tydens haar toespraak die kernbeginsels waarop die DA hul beleid grond, uitgelig. LP dr Michael Cardo het die gebeure rondom die veelbesproke SONA en die optrede van die DA tydens die parlementsitting aan die gaste verduidelik. “Dis nie aldag dat ons in Gansbaai die eer te beurt val om die Burgemeester en die Parlementêre Lid hier te kan verwelkom nie,” sê Riana.

Die gaste het groot waardering vir hul teenwoordigheid getoon. Riana het weer eens haar dank teenoor die gemeenskap uitgespreek wat tot die 100 Klub Funksie se klinkende sukses bygedra het. In haar bedankingstoespraak het sy genoem dat geeneen van die mense wat sy genader het om pryse te borg, vir ‘n oomblik gehuiwer het om haar te ondersteun nie.

Die borge was: B Blondes restaurant, Backsberg Estate Wines, Cora's Boutique, Fit4All, Fynbos Shoppe, Gansbaai OK Foods, Grootbos, Hair Tizelle, Horse Trails Adventures, Johan Pieterse Fotografie, Marie Reid Marie's Boutique, Art & Beauty Shop, Marine Dynamics Shark Tours, Misty Mountain, Peter Dion, Prime Cut Meats, Protea Flora, Raka Wines, RCN Chem (B. Fourie), Robertson Wyne (Aldo de Wet), Susan Wagener en Tolbos Bistro (Anmarie Watney).

Ná die reuse sukses van die aand is daar besluit dat die 100 Klub Funksie voortaan ‘n jaarlikse instelling op die eerste Dondergaand in Maartmaand gaan word.              

Hardus Botha

DA se Gala aand

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles