Soek die HERE se teenwoordigheid ! (2)

Soek die HERE se teenwoordigheid ! (2)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Sing liedere, sing tot sy eer, vertel van al sy magtige dade.  Roem sy heilige Naam, laat dié wat die teenwoordigheid van die HERE soek, bly wees. Soek hulp en beskerming by die HERE, soek gedurig sy teenwoordigheid.” (Psalm 105:2-4)

Hierdie week het daar baie mense gereageer op verlede week se UIT DIE WOORD wat graag wil weet hoe ons dan meer en meer die HERE se teenwoordigheid in ons lewe kan beleef. 

Of hulle twyfel dat GOD teenwoordig is óf hulle weet nie hoe dit moet voel om GOD se teenwoordigheid te beleef nie. Daarom wil ek hierdie week verder gaan met die uiters belangrike geloofsaak, naamlik: Soek die HERE se teenwoordigheid in jou lewe.

Jy kan met niemand ’n verhouding hê as jy nie daardie persoon baie goed ken en ook genoeg tyd in sy geselskap deurbring nie. Hoe kan ’n ouer en kind ’n hegte verhouding hê as hulle min of nooit met mekaar praat nie. Geen huwelikspaar kan ’n intieme en gesonde verhouding bou sonder daaglikse kommunikasie nie. Dis onmoontlik om ’n goeie werksverhouding as werknemer en werkgewer te handhaaf as julle mekaar nie respekteer nie. Daarom is dit ook baie belangrik dat jy as kind van GOD daagliks met Hom in gesprek tree en tyd in Sy teenwoordigheid spandeer. Ek weet jy sê dadelik : “maar ek kan GOD nie sien nie! Ek hoor nie as Hy met my praat nie!” Maar wat jy net moet aanhou doen, is om tyd te maak om GOD se Woord te lees en met Hom te praat oor wat in jou binneste aangaan. Abraham, een van die eerste gelowiges waarvan die Bybel praat het geweet dat hy moet eenkant toe aan om die teenwoordigheid van GOD op te soek. “Daardie oggend het Abraham vroeg opgestaan en na die plek toe gegaan waar hy in die teenwoordigheid van die HERE gestaan het.” (Gen 19:27) Ja, maak tyd vir gesprek met GOD – en glo jy maar net dat Hy jou hoor en deur Sy Gees weer in jou werk. Hoe meer jy dit doen – hoe meer ervaar jy GOD se teenwoordigheid en Sy liefde! Kry vir jou, soos Abraham,  ’n plek waar jy rustig en ongestoord in GOD se teenwoordigheid kan wees. Dit hoef nie ’n plek buite jou huis of eenkant te wees nie – GOD is in jou siel teenwoordig en jy sal Hom in jou binneste vind.

Probeer gerus meer tyd maak om stil te word en met GOD te praat. Maak dit ’n gewoonte. Sommer daar voor die stoof, in jou motor, of as jy in die bed lê. Maak oop jou hart en ervaar GOD se teenwoordigheid. Hy is daar! Hy wil met jou ’n besonderse verhouding hê!

Hy het dit in Sy Woord belowe – en GOD is getrou! Hy sal deur Sy Gees by jou en in jou wees!

Soek die HERE se teenwoordigheid ! (2)

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles