Dit was weer tyd vir die weeklikse Woekermark-Vrydag in die Pretoriussaal. Die pannekoek-afdeling, so ook die Woekermark, het normaal begin funksioneer, maar toe word dit ‘n Swart-familiedag.
“Die Swart-familie het die mark so oorgeneem dat ek hulle ‘n toekomstige tafel by die Woekermark aangebied het om te beman,” vertel Francia van Dyk, organiseerder.
Die “familie-groep” waarna verwys word en waarvan sommiges deel van die pannekoekspan was, is die Swart-familie en hulle sien soos volg daaruit: Van Gansbaai en omgewing is dit Ouboet Gawie Swart en sy eggenote, Adele (skoonsuster), met die 4 susters Sankie Prinsloo, Lucia Henn, Annatjie Germishuys en Elma Matthee (van Albertinia). Dan volg nog ‘n skoonsuster, Stella Swart en haar suster, Gina Louw. Boeta Bev Swart het waarskynlik gholf gespeel - enige verskoning om nie pannekoek te bak nie.
Verlede Vrydag se pannekoekbeurt vir die reëlings was Anita Botha, maar as gevolg van gesondheidsprobleme het Stienie Geldenhuys as ‘n regterhand vir Anita ingetree en al die reëlings seepglad getref.
Hardus Botha