Spencerstraat 13

Spencerstraat 13

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die boek, Spencerstraat 13, is op ‘n ware lewensverhaal van die skrywer, Frank Wolmarans van Franskraal se vader gebaseer. Frank en sy eggenote, Susan, het sy boek op 6 Maart 2015 in die Birkenhead Boothengelklub se saal tydens ‘n geselligheid bekendgestel. Die uitgewer, Johan Coetzee (De Kelders) van Naledi Uitgewers, asook die drukker, Kevin Manuel van J Taylor Pre-Print Solutions was onder die eregaste. Johan het agtergrondinligting oor die proses vanwaar die gedagte vir ‘n boek ontstaan tot by die uitgee daarvan aan die gaste oorgedra.

 “Boeke-maak is soos die beplanning en koms van ‘n baba en vandag is daardie baba gebore,” het Johan gesê. “Boeke kan lewens verander en wêrelde laat oopgaan.”

Frank het kortliks sy motivering vir die skryf van die boek verduidelik en gesê die skryf van hierdie boek was sy vader se wens wat hy nou vervul het. ‘n Verkorte weergawe van die boekresensie word hiermee weergegee: Die boek vertel ‘n unieke verhaal van hartseer, uithouvermoë, ‘n verhaal wat trane in jou oë sal bring….‘n Verhaal waar ‘n suigeling na sy moeder se dood deur kinderlose ouers aangeneem word. Die pyn word vererger deurdat die broer en susters deur verskeie ouers aangeneem word en letterlik van mekaar vervreemd word.

Die skrywer se vader, Frank William Wolmarans se begeerte was om sy verhaal op skrif te stel, maar as gevolg van sy kroniese emfiseem en sterfte het sy seun Frank onderneem om sy wens te vervul, met vele navorsingswerk wat gevolg het om die boek af te rond. Frank het uitgevind dat ‘n prokureur sy vader laat weet het dat hy moontlik sy biologiese familie opgespoor het en dat hy na Spencerstraat 13 moes gaan. Vele verrassings het daar gewag, onder andere dat hy en sy broer reeds vir 15 jaar vir die destydse Suid-Afrikaanse Spoorweë gewerk het, gereeld met mekaar gekommunikeer het en nooit geweet het dat hulle eie bloedfamilie is nie.

Frank (die skrywer) is ‘n boorling van Goodwood en het ná 24 jaar in die Staatsdiens afgetree om die sakewêreld te betree. Na ‘n suksesvolle 20 jaar tree hy af in Franskraal, met onder andere die begeerte om sy vader se wens te vervul. Spencerstraat 13 is by Nicolette Bosch van Gansbaai Book Exchange teen R129.00 beskikbaar.

Frank kan ook by 083-626-4587 gekontak word.

Hardus Botha

Spencerstraat 13

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles