Laerskool Gansbaai was weer eens die trotse ontvanger van nie net een, maar 3 toekennings by die Overberg Onderwysdistrik se LitNum Toekenningseremonie gehou in Caledon op Donderdag, 5 Maart 2015.
Dié toekennings is gebaseer op skole met 'n gemiddelde leerdergetal van 30 en meer in 'n klas en is toegeken vir:
1ste plek- Algehele Uitmuntendheid in Tale en Wiskunde: Gr 3 & 6;
1ste plek- Uitmuntendheid vir Akademiese Prestasie in Tale: Gr 3 & 6;
1ste plek- Uitmuntendheid vir Akademiese Prestasie in Wiskunde: Gr 3 & 6.
Wat bogenoemde toekennings nóg meer indrukwekkend maak, is dat die skole wat ingesluit word by die bepaling van die wenners, die hele Suid-Bolandstreek insluit, dit wil sê, alle skole vanaf Swellendam tot by Grabouw/Kleinmond.
Baie geluk aan al ons onderwysers en leerders vir jul harde werk!
Ons is trots op julle!