Koue water en vis is nie pelle nie

Koue water en vis is nie pelle nie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Watter vis daar is? Die “gewone” is maar altyd daar, en nou word bedoel die vis wat normaalweg so tussen die goeie tye gevang word. Weens die weer is die water op die oomblik hier om en by die 11, 12 grade  --  en dit is beslis nie goeie nuus nie! Die gevolg is as jy nou die boot se neus die see in stoot is jou kans om goed vis te vang, maar skraal. En tog weet ek van manne wat dit nie meer kon hou nie en besluit het, koue water of te not, ek gaan see toe. En dis ‘n feit hy het maar gesukkel, maar op die ou einde tog op ‘n plekkie beland waar hy hotties gevang het wat grotendeels goed oor die een kilo was  --  en daar was nie ‘n skaarste aan hulle nie. Dis mooi en rondvet-hotties. Dit is mos kwepertyd so die mooi kondisie is te verwagte, maar die vraag bly, hoekom byt die vis op een plek so goed terwyl dit ‘n gesukkel afgee op omtrent enige ander plek. Wat maak hier die verskil? Wat nou na uitgesien kan word is wanneer hierdie lekker braaivis weer goed aan die byt gaan.

Intussen lyk dit asof snoek die hasepad gekies het maar makriel was Maandag weer volop. Op hierdie stadium is daar weer onweer aan die kom en indien dit gepaard gaan met die regte wind kan enige tipe vis weer besluit om aan die byt te gaan. Daar is steeds van die baie klein kabeljoutjies in die omtrek en so nou en dan kom wys ‘n groter een dat hulle ook hier ronddwaal. My raad is, ‘n groter hoek en ‘n ordentlike aas, geduld en vasbyt. As jy daardie ou bul in die boot lig is die Kaap weer Hollands!

Enige ou wat al ’n baber gerook of sommer net in die pan gegooi het sal kan getuig dat jy nie jou neus daarvoor moet optrek nie. Die groot beswaar is gewoonlik dat jy die vis se vel moet aftrek. Nie waar nie. Lê die baber op sy rug en met ‘n skerp mes sny vanaf onder die pens daardie hele gedeelte uit, met ingeslote die kop en ook daardie gevaarlike pen agter die nek. Nou kan jy daardie vis rook, vel en al  --  dié skuif nou sommer losweg af. Probeer gerus en geniet dit!

Groete, Seemeeu

Koue water en vis is nie pelle nie

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles