Kleinbaai Classic Hengelkompetisie

Kleinbaai Classic Hengelkompetisie

Gansbaai Courant

 “Kleinbaai Classic Hengelkompetisie en omgee-groep maak weer so,” sê Carel Stander, organiseerder van die jaarlikse Kleinbaai Classic Hengelkompetisie.

“Hierdie hengelkompetisie het ses jaar gelede ontstaan met die oog op ‘n jaarlikse visvangkompetisie ten bate van André Bothma,” vertel Carel. “André is op 5-jarige ouderdom met spierdistrofie gediagnoseer en die doel was nog altyd om fondse vir André (nou 22) se groeiende mediese uitgawes in te samel.”

Vanjaar vind hierdie hengelkompetisie gedurende die naweek van 24 en 25 April plaas en sal daar oor altwee hierdie dae gehengel word. Daar is twee kategorieë: rots-en strandhengel en hengel vanaf bote en kajakke. Vele pryse is weer eens op die spel en met die Saterdagaandfunksie word daar weer gesellig verkeer en gedans so tussen die prysuitdelings deur.

“Saam met jou inskrywing vir die hengelkompetisie kry jy ook kos by die funksie, asook ‘n kledingstuk met die Kleinbaai Classic embleem daarop,” sê Carel. Hy sê tot soveel as 80 hengelaars het al ingeskryf en vanjaar beloof om weer ‘n lekker hengel-en kuiergeleentheid te wees, wat uiteindelik ‘n verskil in baie mense se lewens kan maak. Verdere goeie nuus is dat, as gevolg van die groeiende sukses van die hengelkompetisies en fondsinsamelings, asook die groothartige bydraes deur vriende, familie en besighede, is daar onlangs besluit om ook na ander persone en instansies wat hulp benodig, uit te reik. Dit was dan ook André se wens dat hy ‘n verskil in ander mense se lewens wil maak. Daarom is daar gedurende die vorige 2 jaar na die plaaslike 2 Tehuise vir Bejaardes uitgereik. Besoeke met koek en geskenkpakkies is daar afgelê, en vanjaar gaan nie ‘n uitsondering wees nie.

Belangstellendes wat vir die kompetisie wil inskryf en/of skenkings of borgskappe wil aanbied, kan vir Jansie Smith by 082-779-1070 kontak, of stuur ‘n e-pos aan jansie@rseonline.co.za.

Die einde van April klink ver in die toekoms, maar dit is belangrik om kennis te neem dat inskrywings vir die kompetisie reeds op 22 Maart 2015 sluit. “Ons hoop regtig om meer van die plaaslike mense en veral besighede by hierdie uitsonderlike inisiatief betrokke te kry,” sê Carel.

Hardus Botha

Kleinbaai Classic Hengelkompetisie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles