BARC spog met Nuwe Bakkie

BARC spog met Nuwe Bakkie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Baie dankie aan Jan van Tonder van J & A Paneelkloppers in Gansbaai wat ons bestaande bakkie so pragtig oorgedoen het.”

Annalie sê die bakkie het al begin “uitmekaarval” van al die roes. Jan het die roes uitgehaal en al die stampplekke reggemaak en BARC het slegs vir die spuitverf betaal. Sy bedank ook graag vir Vera Swart van Franskraal wat ‘n Valentynsete ten bate van BARC by haar huis aangebied het. Vera en haar eggenoot, Dawie, het ‘n paar vriende genooi en die groep het die mooi bedrag van R4,000 aan BARC geskenk vir die aankoop van boumateriaal vir die ekstra hokke vir die honde, asook vir die vergroting van die "Cattery". Sy rig ook ‘n opregte bedanking aan almal wat skenkings aan BARC se tweedehandse winkel langs Kekkel en Kraai doen. “Dit word opreg waardeer en die winkel se inkomste is ‘n belangrike bron vir BARC se volhoubaarheid.”

Dan is daar weer ‘n lootjielys vir ‘n heel skaap teen R20 ‘n lootjie in omloop. Die trekking vind die einde van Mei plaas. Persone wat met die verkope daarvan wil help, kan vir Annalie kontak.

“Ek wil net beklemtoon dat alle fondsinsamelings nie noodwendig vir 'n spesifieke projek bedoel is nie,” sê Annalie.

“Daar is lopende kostes soos salarisse, elektrisiteit, dierekos, brandstof, onderhoud aan voertuig en hokke betrokke, asook ons grootste uitgawe wat veeartskostes is, maar gelukkig is ons veearts baie geduldig met ons.”

Voorts poog BARC ook om jaarliks ‘n Gratis Sterilisasie Projek te loots, waarvan die kostes deur hulself gedra word. Antonie is nie meer by BARC werksaam nie en Gavin Hughes dien nou as volwaardige Veldwagter.

Vir navrae en/of skenkings/donasies kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Gavin Hughes (Veldwerker) by 083-742-3903.

Hardus Botha

BARC spog met Nuwe Bakkie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles