Sakekamer Algemene Jaarvergadering

Sakekamer Algemene Jaarvergadering

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Sakekamer se Algemene Jaarvergadering, gepaardgaande met ‘n geselligheid en ‘n ete deur McClarke’s Hide-Away van Marina Clarke in die Birkenhead Boothengelklub se saal, het goed verloop - met die grootste gedeelte van die ou bestuur wat besluit het om uit te tree en plek vir ‘n nuwe bestuur te maak.  

Die uittredende voorsitter, Fanie Bothma het almal verwelkom, waarna hy sy Voorsittersverslag volledig aan die lede en gaste voorgehou het. “Die afgelope jaar was nog ‘n goeie jaar vir Gansbaai Sakekamer - ons het ‘n hele aantal suksesvolle projekte hanteer, ons ledetal het verder gegroei en ons finansies lyk goed,” het hy gesê. Hy het ook daarna verwys dat die algemene ekonomiese situasie steeds moeilik is, insluitend Gansbaai, “maar daar is wel ligpunte wat net benut moet word.” Fanie het alle bedrywighede en inisiatiewe wat suksesvol deur die Sakekamer gereël is, of self deur hulle aangepak is, uitgelig en bespreek - vele daarvan en alles inisiatiewe waarop Gansbaaiers net trots kan wees.

“Uit die projekte vanuit die PAC is 10 fokuspunte geselekteer wat sake behels wat ‘n groot verskil aan Gansbaai op die korttermyn kan maak,” het hy onder andere gesê.

Hy het ook na langtermyn inisiatiewe, plaaslike besigheids-forums, vermindering van rompslomp in die regering, toerisme, affiliasie met die AHI en die AHI Kongres verwys. Een van die vele hoogtepunte was die toekenning wat die Gansbaai Sakekamer as “Sakekamer van die Jaar” ontvang het. “My opregte dank gaan aan die Sakekamer Bestuur vir julle ondersteuning en mooi gees van samewerking, Overstrandse Munisipaliteit en die Gansbaai Administrasie, Gansbaai Courant en Gansbaai Fraternal.”

Daarna het Fanie foto’s van etlike hoogtepunte oor jare heen aan die gaste vertoon. In haar toespraak het raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Gansbaai Sakekamer geloof vir die sigbare suksesse wat hulle behaal het en haar vertroue uitgespreek dat die opvolgers daarop sal voortbou.

Blyke van waardering is aan die volgende persone oorhandig: Coenie Groenewald (Overstrandse Munisipale Bestuurder), Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie (Overstrandse Uitvoerende Burgemeester) en Kat Myburgh (Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie).

Die nuwe Bestuur wat gekies is om hierdie taak uit te voer, is: Kobus van Staden (voorsitter), Diana Smit (sekretaris), Johan von Wielligh (tesourier) en bestuurslede DJ Heyns, Glenda Kitley, Hein van Wyk en Juanita Hage.

“Nou, ná 10 jaar as Voorsitter, het ek besluit om my nie weer verkiesbaar te stel nie en ek bedank almal van u vir die vertroue wat gestel in my en in ons as u bestuur gestel is,” het Fanie gesê.  

Hardus Botha

Sakekamer Algemene Jaarvergadering

Gansbaai Courant

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles