Debuut Digbundel op 80

Debuut Digbundel op 80

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ds Dries Auret, wat op 30 Maart sy tagtigste geboortedag herdenk, se debuut digbundel het pas verskyn. Die titel van die bundel is Van Namakwaland tot Overstrand en bestaan uit 88 gedigte. “Baie van die gedigte is stories in rymvorm wat in Namakwaland, Namibië of langs die Overstrand afspeel,” sê ds Auret.

“Die gedigte, rympies, verse of wat jy dit ook al wil noem, handel oor ‘n verskeiden-heid van onderwerpe - vanaf die ou afgeleefde pelikaan by myl 14 in Namibië tot by die lastige bobbejane van Pringlebaai.”

Die bundel bevat ook gedigte oor natuurverskynsels soos die suidewind van Namakwaland, die sleepmis van Skuinsbaai en droogte, met ‘n viertal gedigte van verhale uit die Bybel. “Soos ‘n goue draad loop die gedigte met verlange deur my kinder-jare as plaaskind in Namakwaland,” sê hy. Daar is ook die tong in die kies gedigte soos Die Bulldozer, Huweliksplig en Amandla Nkandla. Dan is daar ook hartseer gedigte soos Die Weggooilam en By die Lykshuis en die bundel sluit met besondere ritte van die skrywer wat op RSG as "Saamry-briewe" gelees is.

Drie Feesboeke van gemeentes is ook deur hom geskryf en na sy aftrede volg Namakwaland se Jeugjoernaal, Deur Swaarkry Gebrei (2008); Kronkelpad van Garies tot Napier (2010); Kort Duskant Moedverloor (2011). “Ek beskou hierdie digbundel as my laaste pennevrug,” sê ds Auret. “Voortaan wil ek probeer om my tennis te verbeter.” Dan kry mens hom steeds langs die see met sy visstok en sy aas in 'n 20ltr verfblik wat hy sommer as stoel gebruik as die “ou bene” nie meer so lank wil staan nie.

Die digbundel is teen R100 by die NG-Kerkkantoor beskikbaar, of ds Auret kan daarvoor by 084-421-1138 geskakel word.

Hardus Botha

Debuut Digbundel op 80

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles