11 Maart het die Goue Hande Huis Herberg se inwoners op ‘n uitstappie om die blok geneem. Elkeen moes een of ander hoed dra.
Diegene wat nie kon stap nie is deur gewillige helpers in ‘n rolstoel gestoot. Ander het weer self geloop. Die straat agter Huis Herberg is deur die verkeerspolisie gesluit en daar was stoele uitgepak vir die moeë stappers.
Huis Herberg se “gymmers” het ‘n item gelewer, daarna het die Marimba-orkers van Gansbaai Primêr pragtige musiek gespeel en laastens het die Kleine Gansies gesing. Die uitstappie is afgesluit met vrugteslaai en roomys.
Baie dankie aan al die helpers!!
Hardus Botha