Gansbaai Mini atletiek

Gansbaai Mini atletiek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Verlede jaar se instelling van ‘n Kleuter Atletiekdag is vanjaar op 21 Maart 2015 herhaal: Gansbaai Mini-atletiek.

Om vasberade kleuters op hul “eie” atletiekdag dop te hou, is ‘n belewenis. “Die verskillende items is weer in Roundrobin-verband aangebied, wat dus beteken het dat elke kleuter aan al die items kon deelneem,” sê Hanneke de Wet, koördineerder van die Sportdag vir Kleuters op Laerskool Gansbaai se sportgronde. Deelnames het elke 10 minute roteer en alles was puik georganiseerd.

Deelnemende skole was Buzzy Beez Stanford, Coolkidz, De Kleine Gansies, Flower Valley, Gansbaai Primer (Gr R), Laerskool Gansbaai (Gr 1-3), Laerskool Gansbaai (Gr R), Laerskool Okkie Smuts (Gr 1-3) en Wielie Walie plaasskooltjie. “‘n Rekordgetal inskrywings is ontvang: 216, waarvan 135 kleuters en 81 grondslagfase-leerders,” sê Hanneke.

Vanjaar se deelnemers het medaljes ontvang, met dank aan die volgende borge daarvoor: Dr HC Barnard, Fisio HM De Wet, Gansbaai OK Foods, Gansbaai Superspar, Lumber City, Midas, Overberg Agri Stanford en Overcell.

Die items is aangepas vir die kleuters, en was kortafstand (80m), langafstand (200m), hekkies (50m), aflos (60m), verspring, gewigstoot (boontjiesakkies), hoogspring (poolnoodle + matras) en spiesgooi (bal met stert). Die kosstalletjies is soos volg beman: Laerskool Gansbaai (snoepie), Ouervereniging (pannekoek), Coolkidz (koek, vetkoek, ens), De Kleine Gansies (hotdogs) en Flower Valley (waatlemoenstokkies en mielies).

“As gevolg van die vroeë-oggend reën het 55 kinders nie opgedaag nie, maar die res is nie afgesit nie en die dag het piekfyn verloop,” sê Hanneke. Met die Grondslagfase is leerders geïdentifiseer wat elk ‘n veelsydigheidsertifikaat en ‘n groot paaseier vir die beste algehele prestasie vir al 8 items ontvang: Dogters - o/7 (Joy Hans); o/8 (Joani-Lee Vos en Elizabeth Wessels); o/9 (Nel Stieger). Seuns - o/7 (Stefan Stieger); o/8 (Phillip Olivier); o/9 (Lephelo Dyoli); o/10 (Leo Don).

Die aangepaste reëls het veral die Grondslagfase-leerders blootstelling gebied om van vroeg af ‘n liefde vir atletiek te kweek. “Baie dankie aan al die kleuterskole vir die bemanning van die punte, met die personeel van Laerskool Gansbaai wat uitgesonder kan word vir hul flink en vriendelike behulpsaamheid - dankie dat julle jul vakansie dag so opgeoffer het vir die jeug!” sê Hanneke.

Hardus Botha

Gansbaai Mini atletiek

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles