Vlytige vingers aan die brei

Vlytige vingers aan die brei

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die DA Gemeenskapsprojek, Winterwarmte, is steeds goed bedrywig. “Gansbaai se dames is vlytig aan die brei om te verseker dat kleuterhartjies warm gaan klop die winter,” sê rdl Riana de Coning. “Met die aanvang van die winter gaan ‘n totaal van 110 kleuters van 3 kleuterskole in die dorp en ander woongebiede almal mussies en handskoentjies ontvang.”

Riana is self aan die stuur van sake met die projek, “Winter Warmte”, en sy sê daar is ‘n té groot hoeveelheid kleuters in die area om almal vanjaar by die projek te laat baat, maar die plan is om volgende jaar weer ander skole ‘n beurt te gee. “Baie dankie aan die publiek vir die skenk van wol tot dusver,” sê sy. “Daar is ‘n houer vir die doel in die Pins and Needles wolwinkel in die Sparsentrum waar die gemeenkap hul deel kan doen.”

Sy sê dat Overstrand DA ook finansiële ondersteuning gaan bied, maar skenkings vanaf die publiek word deurgaans verwelkom, aangesien die doel is om dit ‘n gemeenskapsprojek te maak. “Teen slegs R20 per bol, kan ons sorg dat kleuter-koppies en handjies warm gaan wees die winter!” Riana bedank graag die dames wat alreeds die breinaalde laat klap het vir die pragtige mussies en handskoentjies wat reeds voltooi is.

Sy doen ‘n beroep op almal wat wil help brei om haar asseblief by 083-597-2781 of 028-388-0788 te kontak.

“Opskud, opskud, die winter is om die draai!”

Hardus Botha

Vlytige vingers aan die brei

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles