VLV GANSBAAI

VLV  GANSBAAI

Gansbaai Courant

Die 82ste VLVK Sirkel Overberg konferensie is op 18 Maart 2015 te Caledon gehou.   Buiten die 24 afgevaardigdes van die 8 VLV takke, waarvan Gansbaai 3 afgevaardigdes gestuur het, was daar ook 22 ere-gaste en heelwat belangstellende lede en VLV vriendinne wat vir ‘n vol saal gesorg het.

‘n Vriendskapkers is opgesteek deur die ere-president van VLVK Sirkel Overberg, me Lydia Geldenhuys,  om ons onderlinge vriendskappe in die gedagte te verbind met die 9 miljoen plattelandse vroue wat saam met ons by die Wêreldbond van Plattelandse Vroue geaffilieer is   Daardeur poog ons om by te dra tot internasionale toegeneentheid, vriendskap, begrip en vrede.

Die gasspreker vir die dag was  die bekende prof Dorothea van Zyl.  Haar tema was “Die vrou met Visie staan op vir Afrikaans”. Groeteboodskappe is oorgedra aan ons sirkel deur Theewaterskloof se Burgemeester, raadslid Chris Punt, vergesel van sy vrou Erika, wat ook ‘n oud VLV lid is,  mnr Andre Uys, Hoofbestuurder van Overberg Agri, dra ook ‘n boodskap namens die Lanbougenoodskap aan ons vroue oor.  Ons was ook gelukkig om me Sonica Louw van Caledon Hoërskool as spreker te kon kry.  Sy het ons meer ingelig oor hoe ons Toerisme in ons dorpe kan bevorder en waarin die toeriste belangstel.

Dit is ‘n instelling dat ons sirkel jaarliks toekennings aan persone tydens Konferensie gee om erkenning te gee aan ‘n besondere verbintenis wat hulle met VLV gehad het of ‘n besondere prestasie wat hulle behaal het en wat in- pas met die gebeure van Konferensie.  Vanjaar is dr Isaac  Balie van Genadendal-museum vereer vir die behoud van kosbare dokumente rakende die ontstaan van Afrikaans.   Ons vier vanjaar 90 jaar wat hierdie taal met sy nederige begin ‘n landstaal van die Republiek van SA is.   Kosbare dokument wat bewys dat die Overberg ‘n reuse aandeel daaraan het, word met die grootste sorg in die museum op Genadendal bewaar.  VLVK is ‘n kortkop agter, deurdag ons in 2014 ons 85ste bestaansjaar gevier het met meer as 6000 VLV lede.

'n Toekenning is ook gegee aan die Senor Chefmaatskappy vir hul aandeel in die vervoer en verspreiding van ons VLVK Sirkel Roosblikkie-projek.  Hierdie toekenning is deur hul besturende direkteur, mn Pieter van Zyl en De Wet le Roux, die Algemene bestuurder, in ontvangs geneem.

Die belangrikste toekenning is oorhandig aan ons uittredende sirkel-president, mev Hermien van Zyl.  Sy het hierdie pos vir 14 jaar gevul en het dit met entoesiasme, welwillendheid en kennis aan ons ander VLV lede oorgedra.  Ons het met hartseer van haar afskeid geneem. 

In haar plek kan ons met trots aankondig dat Gansbaai se VLV takvoorsitter haar opvolg as Sirkel-president van Sirkel Overberg.   In die plek van die vise-president, me Elna Botha wat na ‘n jaar afstand gedoen het van haar amp as gevolg van werksomstandighede, is me Corrie Fourie van Franskraal gekies.  In me Annatjie Liebenberg wat 8 jaar die sekretaresse/tesourier van die sirkel was en wat haar bedanking ingedien het, is mev Nonnie de Bod van Franskraal aangestel.  Soos u dus kan sien word Gansbaai sterk verteenwoordig in die VLV Sirkel van die Overberg.

Die konferensie is afgesluit met die uitdeel van die trofeë.  Gansbaai Tak het die volgende trofeë met trots ontvang: Die Konsul Beker vir Gebottel, (Marianna van Rensburg 1ste), Die Mona Human Trofeë vir Handvlyt, en vir die 2de agtereenvolgende jaar die Presidents Trofee. Baie geluk aan Betsie Bester vir haar naaldwerkinskrywing wat 1ste prys behaal het, Ronel de Villiers vir haar spesiale prystoekennig vir haar handvlytartikel (ook  die 2de agtereenvolgende jaar) en Alida Stander vir haar 2de prys in handvlyt. 

Die Gansbaai VLV tak wil me Rienie Lüdick hartlik gelukwens met haar verkiesing as Sirkel-president.  Ons is baie trots op haar en wens haar alle voorspoed toe met hierdie belangrike taak wat op haar wag.  Ons het alle vertroue in haar en weet sy sal ‘n sukses daarvan maak.

Ons volgende VLV takvergadering is Dinsdag, 3 Maart om 3 uur in die Pretoriussaal en al die dames van Gansbaai en omgewing word hartlik uitgenooi om die VLV vergaderings by te woon.                              

VLV GANSBAAI BESTUUR

VLV  GANSBAAI

Bestuur

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles