Leersame opvoerings

Leersame opvoerings

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Primêr se leerders is onlangs tydens twee geleenthede met leersame opvoerings bederf. Eers was dit die Dept van Rampbestuur wat veiligheidswenke rakende brande en vloede by wyse van ‘n toneelstuk aan Gr R-7 leerders oorgedra het.

In die geval van ‘n vloed, is die volgende veiligheidswenke verskaf: Beweeg na hoër gronde en bly weg van vloedwaters af; Moet nooit in vloedwater speel of probeer swem nie; Brûe moet nie gedurende vloede oorgesteek word nie; Let op vir slange en ander gevaarlike diere in vloedwaters. Met verwysing na brandgevare, is die leerders gewys op die gevare om met vuurhoutjies of aanstekers te speel; Om weg te bly van paraffien en ander brandstowwe af; Om in die geval van gewone klein vuurtjies altyd sand of water byderhand te hou; Om te “stop, rol en afskeur van klere" indien dit aan die brand raak.

Op hulle beurt het die ATKV ‘n “Stop! Dink! Doen!” toneelstuk vir die leerders opgevoer. Die fokus is op belangrike besluitnemings en die uitbou van goeie karaktereienskappe in elke leerder se lewe geplaas. Die belangrike doel van die toneelstuk was om die aandag daarop te vestig dat leerders te alle tye daarop ingestel moet wees om goeie burgers van Suid-Afrika te wees.

In altwee die onderskeie opvoerings het die “karakters” helderkleurige uitrustings gedra en hulle toneelspel was van so ‘n aard dat die leerders se aandag behoorlik vasgevang is, terwyl leerders ook in enkele gevalle by die toneelstukke ingetrek is.  

Hardus Botha

Leersame opvoerings

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles