Nogsteeds makriel

Nogsteeds makriel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die makriel wat die afgelope naweek nog klopdisselboom geloop het was die teiken van ‘n heel paar bote. By Joubert se Dam het die aasvis skole gemaak en kort-kort was daar ‘n geraas soos hulle moes padgee vir, waarskynlik die makriel. Die enkele snoekies wat ook aan die hoek kom hang het het seker ook ‘n aandeel hierin gehad. Moet sê dit was nie sommer vir ankergooi en vang nie, maar indien jy varkoog gegooi het en naby die ander bote (wat reeds die soekwerk gedoen het) gaan lê het, kon jy jou maar klaarmaak om te maai onder die vis. Hoewel die grootte nou nie so wonderlik is nie, is daar tog mooies en hulle kos inkatrol!

Normaalweg sal die makriel so entjie onder die oppervlak ronddwaal en dan na bo gelok word. Wanneer dit gebeur is ‘n sinker onnodig en die gewig van ‘n “swivel” normaalweg voldoende om die aas net onder die oppervlak te hou. Sardynaas is koning. Hoewel ‘n enkelhoek genoegsaam behoort te wees beteken ‘n tweede hoek lokaas, maar somtyds is die resultaat daarvan ‘n “tweeling”  --  twee visse op een slag. En die twee saam beteken opwinding.

Hou jou lyn lig en die hoeke aan die klein kant. Plaas jou aas so ‘n meter of drie voor jou, gee kans vir die sak en wees gereed vir aksie.

Indien jy al genoeg makriel in die boot het, laat sak jou lyn bodem toe vir ‘n hottie  --  dié is nou mooi vet. Wat meer wil jy hê? Lekker!

Groete, Seemeeu

Nogsteeds makriel

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Baie geluk, ons is ongelooflik trots op julle!

Laerskool Gansbaai
The Courage to Be Yourself

The Courage to Be Yourself

In a world that rewards conformity, it takes courage to remain yourself.

See All Articles