Nuwe SAMSA Ondersoek en Veiligheidsbeampte

Nuwe SAMSA Ondersoek en Veiligheidsbeampte

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Die nuutaangestelde SAMSA Ondersoek-/Veiligheidsbeampte vir Gansbaai is Norman Kemm,” sê Koos de Kock, SADSAA Ondersoek-/Veiligheidsbeampte.

“Norman woon in Franskraal en is reeds etlike jare ‘n lid van die Overberg Boothengelklub.” Norman is deur SAMSA/SADSAA in genoemde pos aangestel. “Norman het gedurende Februarie vanjaar altwee die SAMSA/SADSAA kursusse en eksamens met lof geslaag en gedurende Maart het hy sy SAMSA prakties ook geslaag om vir die pos in aanmerking te kon kom,” sê Koos.

“Sedert ek uit genoemde pos uitgetree het, het daar ‘n leemte vir die ‘survey’ van sport/ontspanning en kommersiële visvangbote onstaan wat booteienaars behoorlik laat rondskarrel het.” In ‘n onderhoud met Gansbaai Courant het Norman gesê dat hy vir 43 jaar by die Suid-Afrikaanse Weermag se Spesiale Magte as ‘n Maritieme Bevelvoerder: Tegniese Offisier betrokke was, waar hy in 2011 as Kolonel afgetree het en hulle na Franskraal verhuis het. Hulle huis is al in 2006 gebou, maar  hulle besoek Gansbaai al vir die afgelope 55 jaar.

“Norman sal vir die ‘survey’ van bogenoemde bote verantwoordelik wees, terwyl hy ook as ‘n 2de Veiligheidsbeampte vir die Overberg Bootklub as ‘n ‘backup’ vir die huidige een aangestel is,” sê Koos.

“Norman kan by 071-898-2470 of 028-388-0187 gekontak word, maar booteienaars kan steeds vir my ook by 082-690-1835 skakel indien hulle vashaak,” sê Koos.

Hardus Botha

Nuwe SAMSA Ondersoek en Veiligheidsbeampte

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles