Franskraler wen Spogmotor

Franskraler wen Spogmotor

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Wat die verrassingsaspek nog groter gemaak het, is dat ek en my eggenote, Angeline, gedurende ons gesamentlike diensjare van 71 jaar by Telkom gereeld vir kompetisies ingeskryf het, sonder dat ons ooit iets gewen het,” vertel ‘n opgewonde en dankbare Gerhard Roux van Franskraal wat gedurende Oktober sy 70ste verjaardag sal vier. Hy is die gelukkige wenner van Arrie Nel Apteekgroep, waarvan Gansbaai Apteek deel vorm, se splinternuwe Toyota Etios 1.5ltr, ‘n “geskenk” wat sekerlik nie te versmaai is nie. “Ek bedank graag die Arrie Nel Apteekgroep, vir Fanie Viljoen en sy personeel vir vriendelike diens en Du Plessis Du Toit van Riversdal Toyota vir hierdie eer wat my te beurt geval het,” sê Gerhard. Die kompetisie het op 15 Januarie 2015 begin, met 52 motors wat weekliks gewen moet word. Elke maand, om en by die 24ste van daardie maand, word 4 wenners vir die maand getrek en deelnemers moet sorg dat hulle gedurende daardie tyd by hul fone is of dis neusie verby. Inskrywings word toegelaat vir elke R100 se aankope en wenners ontvang hul motors by die apteek waar die aankope gedoen is. Meer inligting kan op Arrie Nel Apteekgroep se webtuiste by www.arrienelapteekgroep.co.za gekry word en Gansbaai Apteek se kontaknommer vir verdere navrae is 028-384-0637.

Hardus Botha

Franskraler wen Spogmotor

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles