Bekkige Annatjie spraakloos

Bekkige Annatjie spraakloos

Gansbaai Courant

Saterdagoggend, 28 Maart 2015, was die altyd bekkige Annatjie Liebenberg vir die eerste maal in haar 70-jarige bestaan vir 'n paar oomblikke spraakloos. Haar kinders het vir haar 'n verrassingspartytjie vir haar sewentigste verjaardag gereël. Hoe hulle die geheim van dié gemeenskaps-betrokke vrou kon wegsteek, is 'n ope vraag. Gewoonlik gebeur daar nie 'n funksie op Gansbaai waar sy nie kook, bak of organiseer nie.

My vraag aan Yolanda, haar skoondogter, hoe sy die heerlike ontbyt met iets vir elke soettand moontlik kon voorberei sonder Annatjie se medewete, was haar antwoord:

“Ons het haar in die toilet toegesluit!”

Met Annatjie se aankoms het ek haar vir die eerste maal in die byna veertig jaar wat ons mekaar ken, sonder haar gebruiklike skaterende Weskus-lag sien wegduik na die kombuis se kant. Die kombuis is vir haar bekend, maar die keer was daar geen uitkomkans nie. Haar woorde was weg en daar was 'n blinkigheid in haar oë. Van heinde en ver het haar VLV-vriendinne en familie gekom. Selfs haar skoonseun, Carl Barnard uit Nieu-Seeland en sy dogter, het hul vakansie onderbreek om hier te wees. Sariëtte, Annatjie se dogter, en haar kinders kon ongelukkig weens ander verpligtinge nie die verjaardag bywoon nie.

Jakkie, haar jongste seun,  was die seremoniemeester terwyl Karel, die oudste, sy vrou, Yolanda en organiseerder van die oggend, soos 'n wafferse hoofkelner bygestaan het.

Jakkie se pittige vertellings van Annatjie se betrokkenheid by hul lewens, het almal laat skater. Onderwysers moes glo bontstaan as een van hulle dit sou durf waag om  die Liebenberg-spannetjie te tugtig en as haar kinders in die Blouspan ingedeel was,moes hulle net daar bly. Die Blouspan was ook haar span en sy bak nie een enkele pannekoek vir die Geelspan nie!

Annatjie is die trotse ouma van sewe kleinkinders en een aangetroude agterkleinkind.

Annatjie is al die afgelope 37 jaar lid van die VLV, was vir jare voorsitter en ook baie jare lid van van Sirkel Overberg se hoofbestuur. Sy was die eerste vroulike diaken op Gansbaai en die N.G. Kerk se belange dra sy op haar hart. Haar man, Kallie, was vir jare die koster. Hy is vier jaar gelede oorlede, maar Sariëtte het gesorg dat hy wel by die feesvieringe was. Sy het 'n pragtige album van een van hul gesamentlike vakansies in Nieu-Seeland gemaak en dit is tydens die funksie aan Annatjie oorhandig.

Sy is die afgelope 33 jaar werksaam by Gansbaai Koöperasie en toe iemand praat van aftrede, was haar antwoord:

“Ek vermoed mens moet eers tagtig jaar oud wees alvorens jy mag aftree.”

Dit was 'n feestelike oggend vir 'n vrou wie se blymoedige lewe van werk en dien 'nfees van inspirasie vir haar vriende en familie is.

SD Fourie

Bekkige Annatjie spraakloos

SD Fourie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles