Dorpsingang word verfraai

Dorpsingang word verfraai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gedurende 2014 is 'n intensiewe projek deur die Gansbaai Sakekamer onder leiding van hul voormalige voorsitter, Fanie Bothma, in samewerking met die plaaslike ekonomiese ontwikkelings direktoraat van die Munisipaliteit Overstrand en ook in samewerking met die Provinsiale Administrasie (Wes-Kaap) geloods om die plaaslike ekonomie te bevorder. Een van die tien (10) doelwitte wat vir daadwerklike aandag op die korrtermyn identifiseer was, was die ontwikkeling en vestiging van 'n aanvaarbare langtermyn visie vir die bevordering en uitbeelding van die voorkoms en gevoel van Gansbaai as toeriste bestemming van formaat.

Hierdie inisiatief wat as die PACA ("Participating appraisal and competitive advantage") proses bekend staan, het nuwe hoogtes bereik toe die Overstrand Munisipale Raad tydens 'n vergadering gehou op 26 Februarie 2015 besluit het om die voorstelle in daardie verslag deel te laat vorm van die implementering van die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (IDP). Die vennootskap wat reeds tussen die Munisipaliteit en die Gansbaai Sakekamer gesluit is, het aanleiding gegee tot die aktivering van 'n loodskomitee wat verantwoordelikheid aanvaar het om af te skop met die verfraaiing van die dorpsingang regoor die SAP kantore in die Hoofstraat.

Die projek word grootliks finansier met fondse wat deur die Munisipaliteit Overstrand bewillig is, 'n bydrae van R15,000 wat deur die Gansbaai Sakekamer gemaak is, asook fondse wat vir dié doel aan die Munisipaliteit Overstrand (wat vir twee (2) agtereenvolgende jare aangewys was as die "Groenste Munisipaliteit in Suid-Afrika") as prysgeld uitbetaal is. Die loodskomitee wil ook erkenning verleen aan 'n skenking van 8 kubieke meter gemaalde klip wat vir die projek geskenk is deur Dave Sourtell van Saxon Lodge. Hierdie skenking het voorwaar handig te pas gekom. Die grondverskuiwing, die bou van die grensheining en wandelpad wat onder leiding van Paul de Villiers waargeneem is, is teen rekordtyd afgehandel.

Christo Smit van Gansbaai Landscaping was verantwoordelik vir die tuinuitleg, die aanplant van plante asook die aanlê van besproeiing. Die uitbeelding van Gansbaai as die "Home of the Marine Big Five" was eweneens teen 'n rekord tyd deur 'n deskundige diensverskaffer in die Overstrand gebied onderneem. Die uitbeelding van die Grootwit haai, die Suidelike Noorkapper walvis, die Kaapse pelsrob, die Bottelneus dolfyn en die Afika pikkewyn word allerweë as 'n unieke en besonderse toeriste aantreklikheid beskou waar al vyf van die ware Jakob met 'n bietjie geluk, op dieselfde dag in Gansbaai se waters aanskou kan word. Hierdie unieke natuurverskynsel plaas Gansbaai in sy eie liga wat toerisme aantreklikheid betref. Die vertroue word uitgespreek dat hierdie projek wat teen bykans R70 000 voltooi is, met trots deur die inwoners en besoekers aan Gansbaai benut en waardeer sal word.

Francois Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie

Dorpsingang word verfraai

Francois Myburgh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles