“Ons wil graag vir een van ons inwoners, Tannie Jenny Dempster baie gelukwens met haar 74ste verjaardag op Maandag, 30 Maart,” skryf Eva Büchner van Huis Breda Versorgingshuis. Vreugde en gesellighede tydens verjaardae van inwoners, asook ander heuglike gebeurtenisse geniet altyd aandag in Huis Breda Versorgingshuis.
Op dié besonderse dag in Jenny se lewe, is daar gesellig saamgekuier en geëet, met Eva se eggenoot, Dirk, wat verdere luister met sy bekende kitaar en sang daaraan verleen het. Huis Breda is ‘n versorgingshuis wat in 2009 in Gansbaai omgewing geopen is en tans in De Kelders bedryf word.
“Die versorgingshuis word soos ‘n groot familiehuis bedryf, met baie persoonlike aandag, goeie kos en kwaliteit aandag aan ons bejaardes,” sê Eva. “Ons is bietjie beperk met ver uitstappies, maar ons stap gereeld buite met die bejaardes en bied ook aktiwiteitsprogramme aan.”
Belangstellendes kan hulle gerus op Facebook volg by “Wie maak Gansbaai lekker”. Eva sê hulle beskik oor ‘n goed-opgeleide versorgingsspan met deeglike ondervinding wat onder leiding van Suster Brandt diens verrig. Hulle bedank graag vir Eben Visser van Secma wat ‘n klokkiestelsel geïnstaller en waarvoor groot dankbaarheid gekoester word.
Belangstellendes wat graag betrokke wil raak of skenkings wil doen, kan vir Eva Büchner by 028-384-0884 of 079-319-1755 skakel, of stuur 'n e-pos aan haar by completehomecare@vodamail.co.za.
Hardus Botha