Vrede begin met 'n glimlag

Vrede begin met 'n glimlag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Die Bietoubossers het die gaste in ‘n gees van ‘vrede met ‘n glimlag’ deel die komende Paasfees gemaak met die dek van tafels op ‘n interessante wyse met paaseiers en  paashase,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders. “Anita Huisamen, Annette van Zyl en hul span het aan die besoekers gedemonstreer hoe ‘n mens pragtige Paasversierings sonder veel omhaal kan maak.” Sy sê al die oumas wat hul kleinkinders vir die Paasnaweek verwag, het beslis ‘n paar goeie idees gekry. “Almal het dit ook insiggewend gevind hoe die paaseiers en -hase by ons Christen Paasfees kan aansluit.” Heerlike eetgoed en lekker gesels was natuurlik deel van die saamkuier. Elizma sê Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, is genooi om hulle oor al die nuutste bedrywighede by die Toerismeburo in te lig. “Ons kan voorwaar trots wees op ‘n op-en-wakker Toerismeburo en besoekers aan Gansbaai, asook inwoners, kan gerus aangemoedig word om ‘n draai by die Gansbaai Toerismekantoor vir vele besienswaardighede te gaan maak,” sê Elizma. Die klub se volgende byeenkoms is op 14 April 2015, maar by Huis Herberg-aan-See en nie in die Kleinsaaltjie nie. Die agterste ingang in Hoopstraat moet gebruik word. Tydens daardie byeenkoms sal die klub se Omgee-projek vir 2015 bevestig word, naamlik die verfraaiing van die Tehuis se tuin onder leiding van Aletta Löchner. “Elke teegroep gaan ‘n struik plant en almal kan dus gemaklike klere aantrek.”

Sy sê die gate vir die struike sal gelukkig vooraf gegrawe word. Leonie Botha het weer aangebied dat sy die lootjie sal reël - die gelukkige trekker sal ‘n gratis naweek in die Tehuis wen! “Teegeld gaan dié keer aangewend word om die koste van die aankoop van die plante en kompos te dek, asook vir die toekomstige onderhoud daarvan.”

Belangstellende dames van De Kelders, Perlemoenbaai of Gansbaai kan die voorsitter, Annette van Zyl by 028-384-1075 skakel, of skakel vir Elizma de Lange by 028-384-1963.

Hardus Botha

Vrede begin met 'n glimlag

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Baie geluk, ons is ongelooflik trots op julle!

Laerskool Gansbaai
The Courage to Be Yourself

The Courage to Be Yourself

In a world that rewards conformity, it takes courage to remain yourself.

See All Articles