Gansbaai Fotografieklub tops

Gansbaai Fotografieklub tops

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Fotografieklub se lede het lankal nie meer nodig om hulself te bewys nie - tog meen hulle, asook nuwelinge, dat daar steeds met elke byeenkoms meer van die kuns van fotografie geleer word. Dit kan ook dien as motivering van diegene wat dink dat hulle “nie goed genoeg is nie” - daar is ruimte vir kundiges asook leergierige fotograwe in die klub.

Voorsitter Riaan Jacobs het self die vorige byeenkoms se aanbieding waargeneem - met ‘n insiggewende Powerpoint-aanbieding en waardevolle wenke en inligting. “Fotografie moet ‘n plesier wees om te beoefen en elke moment wat vasgevang word, kan verseker dat daardie oomblik jarelank behoue sal bly,” het hy gesê. Hy het etlike voorbeelde, ingesluit die korrekte kameraverstellings vir elke fase, op ‘n leersame wyse vertoon en verduidelik.

Voorbeelde daarvan is: benutting van spesiale effekte vir die perfekte agtergrond; wildlewefoto’s; landskapsfoto’s, ingesluit die sogenaamde “golden hour” met sonsopkoms en -ondergange; see-landskapsfotos; blomme, asook blomme in die veld; vervoer, hetsy per boot, vragmotor, trein en andere; mense. Dan sy persoonlike voorkeur en waarmee hy homself al deur en deur as ‘n kundige bewys het - voëls, hetsy in aksie of sittende. Riaan se foto’s ter illustrasie van elke kategorie wat hy verduidelik het, kan as uitstekend en professioneel beskou word.

Tydens die byeenkoms is klublede se fauna & flora (diere- en plantewêrelde) tema-foto’s vertoon, met die klub se Aanbiedings- en Mediabeampte, Marc du Plessis, wat van mening is dat die foto’s wat vertoon is, van hoë kwaliteit was. Navrae rakende die klub kan aan Riaan Jacobs (voorsitter) by 082-373-8270 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by aejacobs@telkomsa.net.

Besoek gerus Gansbaai Fotografieklub se interessante webtuiste, www.gansbaaiphotographyclub.co.za.

Hardus Botha

Gansbaai Fotografieklub tops

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles