“Die o.m.G.e.e. Puren Bedieninge te Pearly Beach het op 14 Februarie 2015 ‘n gesellige en interessante Bybelse Ete aangebied,” vertel Deon de Kock.
Vele Bybelse voorstellinge van destydse gewilde Bybelse-disse is uitgebeeld en te ete aangebied, soos onder andere Dolmades bestaande uit gebraaide sardiens wat in wingerdblare toegedraai is en die “wyn” is gemaak van rooiwyn waarin spesifieke speserye gekook is.
Dan het Tess de Kock ‘n skets geskryf wat ‘n antieke Joodse Bruilof teenoor ons toekomstige Bruilofsfees in die hemel uitbeeld. Die skets is deur haarself en Amanda Woest en Dineke Stecher opgevoer.
Hardus Botha