Koorsang betower

Koorsang betower

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die twee kore van die NG-gemeente en die VGK-gemeente het weer eens gewys waartoe ons plaaslike kore in staat is. Die VGK-koor het op hul kenmerkende wyse sonder musikale begeleiding gesing en dit laat mens telkens verstom staan om daarna te luister.

Die NG-koor, onder leiding van Aletta Löchner en met begeleiding deur Annaline Reinke was ook weer op hul stukke en altwee die kore het pragtige en welverdiende applous in die volgepakte VGK-kerkgebou ontvang. Die geleentheid was die gereelde gesamentlike Eredienste van die VGK- en NGK-gemeentes.

Hierdie keer het dit in die VGK-gemeente in Blompark plaasgevind, met die kerk wat volgepak was deur altwee gemeentes se gemeentelede. Ds Dirk van Dyk het die diens waargeneem en sy boodskap op Eff 2:22 baseer. Hy het na die omstandighede tussen Jood en nie-Jood verwys waar vyandskap aan die orde van die dag was.

“Met die koms van Christus en sy sterwe aan die kruis, het sy bloed hierdie verskil oor grense heen uitgewis,” het ds van Dyk gesê. “Christus het sy bloed op so ‘n wyse gestort, dat die Here gesamentlik en sonder onderskeid aanbid kan word, soos wat vandag weer die geval is.” Na afloop van die gesamentlike Erediens, is daar gesellig saam verkeer met heerlike verversings wat deur Blompark se VGK-susters voorgesit is. 

Hardus Botha

Koorsang betower

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles