Franskraal Rolbalnuus (2 Aprilf 2015)

Franskraal Rolbalnuus (2 Aprilf 2015)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Besigheidsliga, wat oor die afgelope sewe weke gestrek het, het op Woensdag 25 Maart tot 'n einde gekom.  Hierdie kompetisie bring besighede op 'n sosiale vlak in verbinding met mekaar en nuwe vriendskappe word gesmee.  Vriendskappe wat lank na afloop van die kompetisie nog staande bly.  Die Besigheidsliga het ook tot gevolg dat 'n nuwe sportsoort aan die gemeenskap bekendgestel word en 'n belangstelling om op 'n meer permanente basis aan rolbal deel te neem word gekweek.  Dat die Besigheidsliga 'n reuse sukses was, is om dit sagkens te stel.  Alle deelnemers het dit geweldig geniet.  Die kompetisie was deurgaans baie straf en die wenners is eers op die laaste dag van spel bepaal. 

Die span van L en S Motors is as die algehele wenners bekroon, met in die tweede plek die span van Lumber City met Gansbaai Marine in die derde plek.   

Die Plaatkompetisie is deur die Golf Klub gewen met die span van Omega B tweede en in die derde plek die span van Super Spar.  Die skild is deur Gansbaai Petrol verower met Omega A tweede en in die derde plek Taurus Chemicals.  Ons hartlike gelukwensing gaan aan elkeen van hierdie spanne.

Jaarliks word 'n sertifikaat aan die besgeklede span oorhandig.  Hierdie jaar se wenners was die span van Gansbaai Marine.  'n Seldsame prestasie is die van 'nvoltal agt, waar al agt die balle van een span in een kop getel het.  Hierdie jaar het die span van Lumber City hierdie prestasie behaal.  Baie geluk ook aan hulle.

Baie dankie ook aan Kobus van Staden, Voorsitter van die Sakekamer wat namens die Sakekamer 'n paar woorde gespreek het. My hartlike dank gaan ook uit na al ons klublede wat hulle tyd so onbaatsugtig afgestaan het om van hierdie jaar se besigheidsliga so 'n wonderlike sukses te maak  Baie dankie aan een en almal daarvoor.  Aan die dames wat na elke dag se spel vir ons die heerlikste eetgoed voorberei het,  Anchen, Mattie en Susetta julle het ons werklik bederf.  Baie dankie vir julle harde werk. 

Daarmee het die Besigheidsliga dan tot 'n einde gekom.  Ons sien reeds uit na volgende jaar, waar die stryd om te bepaal wie van Gansbaai se besighede die beste rolbalspelers in hulle midde het, voortgesit sal word. 

Rolbal groete tot 'n volgende keer.
Philip Malherbe

Franskraal Rolbalnuus (2 Aprilf 2015)

Philip Malherbe

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles