Radio Kommunikasie

Radio Kommunikasie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Plaaslik word kanaal 71 op VHF gebruik veral by die Kleinbaai sleephelling. Volgens die Mariene Kennisgewing wat deur SAMSA uitgegee is, gaan kanaal 70 deur kleinvaartuie vir noodgevalle gebruik word. In  plaas van mondelings `n noodboodskap uit te stuur gaan die volgende plaasvind.

Wanneer u met u boot op die see is en u kry te doen met `n noodgeval, word daar oorgeskakel na kanaal 70, die “mic” se knoppie word ingedruk en onmiddelik word `n noodsein uitgestuur (digitaal) tesame met u boot  se koördinate (posisie) wat deur Kaapstadradio opgevang en na die naaste NSRI stasie herlei sal word. Hierdie stelsel tree in werking op 1 Julie 2015. Dit word van u as booteienaar verwag om voor die genoemde datum die 29  MHZ met die VHF radio te vervang. Op die voorkant van die VHF radio moet die letters “DSC” (Distress Signsl Channel) voorkom of wanneer u oorgeskakel het na kanaal 70, moet dieselfde letters op die skermpie van die radio verskyn.

Indien die genoemde letters nie op die radio voorkom nie, kan dit nie op u boot gebruik word nie, indien u wel so `n voorval teenkom kan u my skakel vir verdere ondersoek. Van my kant af vind ek dit baie vreemd dat  die noodkanaal so naby die werkkanaal geplaas word, aangesien dit maklik kan veroorsaak dat `n vals noodsein uitgestuur kan word deurdat die skipper hom dalk op die verkeerde kanaal kan bevind en die knoppie druk om met iemand te gesels en sodoende `n geskarrel kan veroorsaak.

Ek doen `n beroep alle skippers om uiters versigtig te wees en te kyk op watter kanaal hulle is voordat die knoppie gedruk word om met iemand te gesels. Daar sal gekyk word na die verpligte radios op bote gedurende “surveys”, na genoemde datum en “spot checks” word nie uitgesluit nie.

Koos de Kock (SADSAA Ondersoek/Veiligheidsbeampte) 

Radio Kommunikasie

Koos de Kock

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

4 Days to Christmas: Rest

4 Days to Christmas: Rest

The big cook-off will start soon. The excitement of a special holiday shared, and all the expectations that go with that.

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

Although it is wonderful to have the old tradition that provides us with belonging and relevance...

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025.

Gansbaai Golf Club
MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

Good news! MNRJ Transport now accepts card payments with Yoco machines.

MNRJ Transport
Braai Season Safety

Braai Season Safety

It’s braai season!

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Getting ready for your summer getaway? 

See All Articles