Radio Kommunikasie

Radio Kommunikasie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Plaaslik word kanaal 71 op VHF gebruik veral by die Kleinbaai sleephelling. Volgens die Mariene Kennisgewing wat deur SAMSA uitgegee is, gaan kanaal 70 deur kleinvaartuie vir noodgevalle gebruik word. In  plaas van mondelings `n noodboodskap uit te stuur gaan die volgende plaasvind.

Wanneer u met u boot op die see is en u kry te doen met `n noodgeval, word daar oorgeskakel na kanaal 70, die “mic” se knoppie word ingedruk en onmiddelik word `n noodsein uitgestuur (digitaal) tesame met u boot  se koördinate (posisie) wat deur Kaapstadradio opgevang en na die naaste NSRI stasie herlei sal word. Hierdie stelsel tree in werking op 1 Julie 2015. Dit word van u as booteienaar verwag om voor die genoemde datum die 29  MHZ met die VHF radio te vervang. Op die voorkant van die VHF radio moet die letters “DSC” (Distress Signsl Channel) voorkom of wanneer u oorgeskakel het na kanaal 70, moet dieselfde letters op die skermpie van die radio verskyn.

Indien die genoemde letters nie op die radio voorkom nie, kan dit nie op u boot gebruik word nie, indien u wel so `n voorval teenkom kan u my skakel vir verdere ondersoek. Van my kant af vind ek dit baie vreemd dat  die noodkanaal so naby die werkkanaal geplaas word, aangesien dit maklik kan veroorsaak dat `n vals noodsein uitgestuur kan word deurdat die skipper hom dalk op die verkeerde kanaal kan bevind en die knoppie druk om met iemand te gesels en sodoende `n geskarrel kan veroorsaak.

Ek doen `n beroep alle skippers om uiters versigtig te wees en te kyk op watter kanaal hulle is voordat die knoppie gedruk word om met iemand te gesels. Daar sal gekyk word na die verpligte radios op bote gedurende “surveys”, na genoemde datum en “spot checks” word nie uitgesluit nie.

Koos de Kock (SADSAA Ondersoek/Veiligheidsbeampte) 

Radio Kommunikasie

Koos de Kock

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles