Die blikkie gedoente

Die blikkie gedoente

Gansbaai Courant

Die feit dat daar makriel te vang is is nie meer juis nuus nie, hoewel dit die ouens wat nog nie die kans waargeneem het nie, ‘n geleentheid bied om nou so te maak. En dis al asof die makriel so bietjie groter is. En boonop is die hotties spekvet. Die kabeljou is ook baie na aan padgee dieper water toe. Die laaste week of so is dit asof die weer bietjie meer stabiel is en dus groter geleentheid bied om met ‘n boot die water aan te durf. Dit is beslis so, maar die minder ervare skipper moet steeds oppas vir die see wat onvoorspelbaar bly. Dit geld vir almal  --  wees altyd, maar altyd wawyd wakker. Geniet die see, maar versigtig, asseblief.

Alhoewel ek van fiktiewe name gebruik maak het hierdie blikkie-storie werklik gebeur. Moontlik herken die manne wat hierby betrokke was nog die geval.

Dit was ‘n 5-man boot en ons was ‘n gereelde “crew” en het lekker met mekaar oor die weg gekom  --  behalwe vir een ding…..

Manie het besluit om ‘n blikkie aan te skaf om te gebruik wanneer hy moet “water”. Nie fout hiermee nie, maar na hy klaar was is die leë blikkie in sy laaitjie gegooi en met die deinings het die ding heen en weer gerol en die geraas het die res van ons mal gemaak! Boet het ‘n plan gemaak en eendag met die aankoms by die skipper se huis het hy ‘n gaaitjie gemaak in die blikkie se boom  --  hiervan het Manie natuurlik nie geweet nie. Met die boot weer op see het Manie sy blikkie gebruik en so staan-staan sy ding gedoen. Hy kon nie die straaltjie sien wat so heen en weer onder uit die blikkie geswiep het nie. Toe ons begin lag het hy gevra wat dan so snaaks is. Geen antwoord van ons kant nie, en hy lag toe maar saam. Ek dink hy was bietjie teleurgesteld toe hy die blikkie wou leeg maak en die resultaat sien. So ‘n groot man moes mos meer “produseer”! Met die volgende uitgaanslag het ons hom ingelig wat ons gedoen het. Hy het ons nie geglo nie, maar dit was die einde van die blikkie-gedoente!!

Groete, Albert

Die blikkie gedoente

Albert

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles