Die blikkie gedoente

Die blikkie gedoente

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die feit dat daar makriel te vang is is nie meer juis nuus nie, hoewel dit die ouens wat nog nie die kans waargeneem het nie, ‘n geleentheid bied om nou so te maak. En dis al asof die makriel so bietjie groter is. En boonop is die hotties spekvet. Die kabeljou is ook baie na aan padgee dieper water toe. Die laaste week of so is dit asof die weer bietjie meer stabiel is en dus groter geleentheid bied om met ‘n boot die water aan te durf. Dit is beslis so, maar die minder ervare skipper moet steeds oppas vir die see wat onvoorspelbaar bly. Dit geld vir almal  --  wees altyd, maar altyd wawyd wakker. Geniet die see, maar versigtig, asseblief.

Alhoewel ek van fiktiewe name gebruik maak het hierdie blikkie-storie werklik gebeur. Moontlik herken die manne wat hierby betrokke was nog die geval.

Dit was ‘n 5-man boot en ons was ‘n gereelde “crew” en het lekker met mekaar oor die weg gekom  --  behalwe vir een ding…..

Manie het besluit om ‘n blikkie aan te skaf om te gebruik wanneer hy moet “water”. Nie fout hiermee nie, maar na hy klaar was is die leë blikkie in sy laaitjie gegooi en met die deinings het die ding heen en weer gerol en die geraas het die res van ons mal gemaak! Boet het ‘n plan gemaak en eendag met die aankoms by die skipper se huis het hy ‘n gaaitjie gemaak in die blikkie se boom  --  hiervan het Manie natuurlik nie geweet nie. Met die boot weer op see het Manie sy blikkie gebruik en so staan-staan sy ding gedoen. Hy kon nie die straaltjie sien wat so heen en weer onder uit die blikkie geswiep het nie. Toe ons begin lag het hy gevra wat dan so snaaks is. Geen antwoord van ons kant nie, en hy lag toe maar saam. Ek dink hy was bietjie teleurgesteld toe hy die blikkie wou leeg maak en die resultaat sien. So ‘n groot man moes mos meer “produseer”! Met die volgende uitgaanslag het ons hom ingelig wat ons gedoen het. Hy het ons nie geglo nie, maar dit was die einde van die blikkie-gedoente!!

Groete, Albert

Die blikkie gedoente

Albert

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles