Daar is min tennisklubs in die land wat nog met trots kan sê dat hulle 'n aktiewe lid op die ouderdom van 80 het. Ds Dries Auret van Pearly Beach het op 30 Maart 80 jaar oud geword en is nog geseënd om gereeld sy stel (of twee) tennis by die plaaslike tennisklub te speel.
Op Saterdag, 28 Maart, is erelidmaatskap aan hom toegestaan tydens 'n gesellige sosiale tennisbyeenkoms. Baie welkom ook aan ons nuwe lid, Ronel Viljoen. Ons vertrou dat jy jou tennis by ons sal geniet.
Sosiale tennis word gespeel op 'n Woensdag vanaf 09:00 by die munisipale bane en op 'n Saterdag vanaf 14:00 by die Laerskool se bane. Almal is welkom. Tweedehandse tennisballe is by die klub beskikbaar @ R5 elk. Tennisgroete.
Daneel Geldenhuys